BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 346

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die bestemming van die mens – Strewe na Waarheid 6100 Die bestemming van die mens is die rypword van sy siel op aarde. ‘n Geestelike rypwording is vir julle as doel gestel, waarna julle in vrye wil moet strewe. Julle kan dit ook volbring om aan die einde van julle aardse lewe geskik te wees vir die ryk hierna. Baie min mense neem egter hierdie onweerlegbare Waarheid aan en stel hulle lewenswyse daarop in. Die merendeel van die mense is nog geestelik blind en hulle laat hulle nie oorhaal wanneer hulle nader aan die Waarheid gebring word nie. Hulle siele het nog ‘n lae ontwikkelingsgraad, maar hulle doen niks om dit te verhoog nie. Hulle glo nóg aan ‘n lewensdoel van die geskapene op aarde, nóg aan ‘n Skepper en probeer ook om geen opheldering te verkry oor wat baie belangrik is nie, byvoorbeeld wat met hulle sal gebeur wanneer hulle die aardse liggaam verlaat het. Hulle glo dus ook nie aan ‘n voortlewe na die dood nie. Maar hulle ongeloof neem nie hulle verantwoordelikheid weg nie. Hulle het ‘n vrye wil en word nie tot ongeloof, of hulle sienswyse teenoor God, gedwing nie, aan Wie hulle hulself kan oorgee om dan, deur ‘n korrekte houding teenoor God, geleidelik deur Hom gelei te word in hulle denke en handelinge. Want alle mense kan hulle tot God keer en het vir sy afwending van Hom geen ander verontskuldiging as die dat hy nie wil nie. Want sodra hy die Waarheid wil weet, word Sy ook vir hom gegee en dan bring die mens self weer die korrekte verhouding met God tot stand. Dat die mense so verskillend dink en wil, lê in hulself, want die verlange na die Waarheid waarborg ook die korrekte denke. Daarom moet elkeen homself afvra hoeveel hy na die Waarheid verlang. Neem hy alles onverskillig as geloofwaardig aan wat hom gebied word, dan het hy self geen verlange na die Waarheid nie, want anders sou hy Haar ondersoek het. En weer hy alles af wat hom aangebied word, dan kan dit ook onverskilligheid wees teenoor die Waarheid, wat hy nie soek nie en daarom ook nooit as Waarheid sal herken nie. Wanneer die mens onwetend is en geestelik blind voortgaan, is dit sy eie skuld, omdat in hom geen verlange na die Waarheid is nie. En geen mens kan hom verontskuldig dat hy nie weet wat Waarheid is en dat hy dit nie self kan beoordeel nie, om welke rede hy alles verwerp. Dit is wel op sigself nie vir hom moontlik om kennis van die Waarheid te ondersoek nie, omdat sy verstand alleen nie so 'n ondersoek sal kan onderneem nie en hy God se hulp daarvoor moet vra. Maar sodra hy homself tot God wend om hulp en om geestelike opheldering, sal hy ook duidelik Waarheid van dwaling kan onderskei. Daarvoor is die geloof in God egter nodig en hierdie geloof kan selfs die verstand aanvaar, indien die wil van die mens goed is. Want die hele skepping getuig van die aanwesigheid van ‘n wyse en almagtige God en Skepper en om tot hierdie skeppende Gees van ewigheid om hulp te bid, sal vir elke wyse en denkende mens moontlik wees wat die Waarheid wil binnedring. Die mens sal ook spoedig opheldering ontvang oor sy bestemming op aarde en hy sal dan sy lewensloop die korrekte betekenis toeken en nie meer verder in onverskilligheid lewe nie. Hy sal dan van die verantwoordelikheid vir sy siel bewus wees en haar tot die hoogste moontlike volmaaktheid probeer bring. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205