BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ernstige aanmaning 5397 Daar is nie meer veel tyd oor nie. Keer op keer moet Ek dit aan julle sê, want julle neem My Woorde nie ernstig op nie. Julle staan midde in die wêreld en sal dit nie kan glo, dat alles om julle heen eenmaal sal ophou om te bestaan en dat slegs dit sal bly wat onverganklik is, naamlik julle siele. Ek wil julle andermaal aanmaan om ernstig ’n voorstelling te maak van die toestand van julle siele. Ek wil julle weer ’n keer ernstig daarteen waarsku om nie al julle denke en strewe te fokus op die verkryging van aardse goedere, op die verbetering van julle aardse toestand nie. Dit alles is vergeefse moeite, want niks daarvan sal julle kan behou wanneer julle tyd gekom het nie, naamlik die tyd wat julle weggeroep sal word of dat alles opgelos word wat julle omring. Glo dit tog, dat julle jul krag onnodig en nutteloos gebruik, dat julle werk vir niks, dat dit net 'n verbygaande welstand is wat julle dalk nog 'n paar maklike lewensdae kan laat geniet, maar wat vir die siel nadelig is, wanneer julle nie eens aan haar dink en ywerig geestelike goedere verwerf nie. Julle sal ook aards 'n goeie lewe kan hê, indien julle jul aardse goedere goed gebruik, wanneer julle uitdeel waar armoede en nood is, wanneer julle jul goedere op seënryke wyse bestuur, wanneer julle dit beskou as van My ontvang en julle dank betuig op ’n wyse dat julle aktiewe naasteliefde beoefen, dat julle nood lenig, aards en ook geestelik, deurdat julle jul medemens tot voorbeeld is en hulle ook aanspoor tot 'n lewe in liefde. Hierdie aardse rykdom sal dan goeie gevolge hê, julle siele hoef dan geen gebrek te ly nie, want dan dink julle in die eerste plek aan julle siele en hoef julle die komende tyd nie te vrees nie. Wee diegene wat egter maar net ag slaan op die liggaamlike lewe, dit sal van hulle afgeneem word en hulle sal hul armoede ontsettend swaar ondervind in die ryk hierna. Glo dit dat julle voor groot gebeurtenisse staan, dat nog net 'n klein tydjie aan julle toegestaan is. Kry vir julle nog geestelike goedere voordat dit te laat is. Alles wat julle aards verwerf sal vir julle verlore gaan. Sorg dat julle eiendom besit wat nie verlore kan gaan nie. Ek maan julle ernstig sodat julle nie kan sê julle was nie in kennis gestel van dit wat julle onherroeplik beskore is nie. My raad en My waarskuwing moet julle nie in die wind slaan nie. Dit is die roepstem van My Liefde wat julle van 'n vreeslike lot wil bewaar, wat julle deur die mond van mense gegee word en wat Ek sal herhaal in 'n ander vorm vir die mensekinders wat nie wil luister en glo nie. My aanmaning en waarskuwende roep sal binnekort met 'n krag weerklink wat julle sal laat bewe. Deur die kragte van die natuur wil Ek nog eenmaal tot julle spreek en julle weer van Bo toeroep: “Word wakker, julle slapers. Julle swakkes, vermaan julleself. Soek nie die begeertes van die wêreld en alles wat verganklik is nie. Poog om My ryk te wen en dink aan julle ware self”. Dink aan julle siele vir wie julle self die lot in die ewigheid berei. Nog eenmaal sê Ek vir julle: na hierdie laaste aanmanende roep van Bo, volg die laaste oordeel na ’n kort tydjie, die vergaan van die aarde en die einde van alles wat daarop leef. Daarom is julle mense ook in so 'n groot nood, omdat julle nie wil insien en nie wil glo dat die einde vir julle aangebreek het nie, omdat julle andersins sou voorberei het en die wêreld met haar goedere geen aandag meer sou skenk nie. Die tyd wat Ek julle verleen is verby en tot die einde toe probeer Ek nog om siele te red. My Liefde roep ook onophoudelik die mense tot besinning, tot boetedoening en om te bekeer, want Ek wil nie dat hulle verlore gaan nie. Ek wil net dat hulle geluksalig word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205