BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die geloof in God - Openbaring - Waarheid 5706 Ek wil as God en Skepper, as julle Vader van ewigheid erken word. In die eerste plek moet Ek van julle mense die geloof in My vereis. Julle moet die innerlike oortuiging verkry dat julle uit die Krag en Mag van 'n Wese voortgekom het Wie in alle volmaaktheid werk en regeer, onder Wie se wil julle staan, maar Wie Hom in nimmereindigende liefde oor julle buig, omdat julle uit Sy Liefde voortgekom het. Hierdie geloof moet Ek van julle eis, want dit plaas julle eers in die ware verhouding tot My. Vereers in die verhouding van die skepsel tot die Skepper, aan wie julle julself onderwerp en dan in die verhouding van die kind tot die Vader, Wie julle liefhet en op Wie julle moet afstuur. Ek wil julle nie vir ewig as een van My geïsoleerdstaande wesens ken nie. Ek wil nou met julle verbonde wees. Ek wil die doel bereik wat Ek Myself gestel het toe ek julle in die lewe geroep het, naamlik om met volmaakte goddelike wesens te werk en te skep, wie Ek as My kinders oneindig gelukkig kan maak, wie Ek liefhet en wie se liefde Ek in haar totaliteit wil besit. Die geloof in My, Wie julle nie kan sien nie maar tog erken, is die eerste vereiste, die eerste stap op die weg om 'n ware kind van jul Vader te word. Want om na My toe te kan snel, moet Ek vooraf erken word. Ek moet vir My skepsels so voorgestel word, dat hulle My kan liefhê. Maar Ek kan My eers aan hulle openbaar as hoogs volmaakte Wese, wanneer hulle in My glo dat Ek werklik en waaragtig bestaan. En hulle kan hierdie geloof verkry, want hulle hoef maar net te begeer om die Waarheid oor hul oorsprong, oor hul bestaan en oor hul bestemming te verneem. Waar Ek hierdie verlange in 'n mens sien, is daar ook 'n goeie bodem vir 'n sterk oortuigde geloof in My. En daar openbaar Ek My op velerlei wyse: Deur die skepping, deur alles wat die mens rondom hom sien. Ek openbaar My aan hom deur middel van gedagtes, Ek leer hom die Waarheid ken in elke vorm. Ek lei hom op die regte weg, waar hy sekerlik sal vind wat hy begeer, naamlik opheldering oor My as God en Skepper, as Vader van ewigheid. Elke mens kan glo wanneer hy dit wil. Maar eers as hy in My glo, kan Ek op hom inwerk, omdat julle as mense, in die stadium van die vrye wil, alle gedwonge geestelike beïnvloeding gespaar moet bly, sodat julle ontwikkeling nie in gevaar kom nie. Wanneer die mens egter uit vrye wil tot geloof gekom het, sal hy ook die krag en mag en liefde ondervind van die Een in Wie hy glo. Want sodra hy My erken, het hy die weg omhoog betree, waar hulp van Bo hom nou voortdurend tegemoet kom, sodat hy sy bestemming sal bereik. Om in My, dit wil sê, in My bestaan te glo, kan ook deur lewendige werksaamheid van die verstand bereik word. Want daarvoor het Ek die mens die verstand gegee, sodat hy gevolgtrekkings kan maak uit die bestaan van dit wat vir hom as skepping duidelik sigbaar is. Hy kan kragtens sy verstand al 'n Mag bo hom erken, waaraan hy oorgelewer is, wat die menslike wil buite beskouing laat en wat sterker is as die mens self. Maar of hy hierdie Mag sal kan liefhê, of hy op Hom sal wil aanstuur, dit word aan sy vrye wil oorgelaat. En na gelang hierdie wil, maak ook hierdie Mag Homself aan die mens bekend. Want Ek wil dat My skepsels gered word, dat hulle die verbinding met My tot stand sal bring om My nou aan hulle te openbaar as 'n God van Liefde, Wysheid en Mag; as Vader wat na Sy kinders verlang. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205