BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Innerlike Woord - Lig - Waarheid 5461 Die Goddelike Gees onderrig julle korrek en wanneer julle Haar toelaat om te praat, kan julle nie verkeerd leef nie, want dan sal God Self die suiwer Waarheid aan julle openbaar deur Sy Gees. Hy sal julle gee wat julle vra, of wat julle nodig het, want Hy gee met Liefde en Wysheid soos dit elke persoon se siel bevoordeel. Gevolglik, waar God se Liefde en Wysheid besig is, ontvang julle mense net dit wat help om julle siele se volwassenheid te bevorder en terselfdertyd word die kenmerk van Goddelike aktiwiteit getoon wanneer dit die siel help om te vorder, indien dit dus 'n opvoedkundige waarde het, sodat dit 'n persoon kan help om volmaaktheid te bereik. Julle kan dit as 'n riglyn gebruik indien julle twyfel of julle iets moet aanvaar as Goddelike aktiwiteit. Alles wat help om 'n persoon sielkundig volwasse te laat word, is goed en moet dus erken word as deur God se Gees aan 'n persoon oorgedra. Nietemin moet dit nog ondersoek word in watter rigting God se Gees die persoon beïnvloed het wat wil hê dat hierdie geestelike inligting erken word as Goddelike openbaring. God se Gees rangskik gedagtes korrek, by wyse van spreke, dat dit 'n persoon se denke verlig en dus kan hy nie anders as om korrek te dink en te praat nie. Sy verstand begin om op die regte manier te funksioneer en 'n mens kan dus praat van deugsame denke wat in ooreenstemming met God se wil is, wat kan lei tot baie seëninge vir sy medemens, want die voormalige sal nooit enigiets sê wat nie goed en namens God is nie en is dus ook besonder geseënd. En God sal altyd sy gedagtes korrek lei wanneer hy namens Hom en Sy koninkryk wil praat. Daarom werk die Heilige Gees beslis in elke persoon, maar nie so opvallend dat God Homself kan uitdruk deur middel van 'n persoon se mond nie. Dus praat die Goddelike Stem Self in 'n persoon, wat inderdaad namens God en sy koninkryk praat, maar nie as 'n voor die hand liggende instrument wat doelbewus in Sy diens is nie. Ek praat beslis verstandelik met baie mense wat begeer om My te hoor en hulle kan hulself beslis deur My aangespreek voel, maar daar is ook gevalle waar Ek My op buitengewone maniere openbaar, ter wille van 'n spesiale sending. Hierdie buitengewone gevalle beteken egter nie dat alle verstandelike kennis van 'n persoon, selfs wanneer dit ooreenstem met My Wil, aan hom oorgedra is deur die ‘innerlike woord’ nie. Dit gaan oor die oordrag van die suiwer Waarheid na die aarde. Dit vereis 'n toestand wat alle valsheid uitsluit, dus moet 'n persoon wat die suiwer Waarheid deur die innerlike Woord van My ontvang, homself eers sodanig gevorm het, dat hy in staat sal wees om die Woord, fisies of geestelik, te hoor. Ek het dikwels die feit beklemtoon dat Ek 'n persoon se hart ken en slegs 'n taak aan hom kan opdra indien hy in staat is om dit te vervul. Ek vind ook selde hierdie vermoë, want die mense se bereidwilligheid om lief te hê, is maar klein en slegs liefde kan die vermoë in 'n persoon ontwikkel om geestelike boodskappe te aanvaar. In die laaste dae is dit dringend noodsaaklik dat die Waarheid oorgedra moet word aan mense, want byna elke godsdienstige dogma is verwronge. Om die Waarheid oor te dra beteken dus: Om verkeerde leringe reg te stel en die korrelasie van alles wat bestaan te verduidelik, om die mense van die Waarheid te voorsien, beteken om hulle die korrekte konsep van hul Skepper en Vader te bring, sodat hulle in Hom kan glo en in staat kan wees om Hom lief te hê. Deur die oordrag van die Waarheid word dit bedoel dat mense sal leer om korrek te dink en doen en om te voldoen aan die doel van die aardse lewe. Die Waarheid is iets wat so vurig betwis word, dat dit werklik nie maklik is om haar aan alle mense te gee nie, want solank as wat mense haar nie ernstig begeer nie, of indien hulle haar nie herken nie, sal sy dus verwerp word deur diegene wat verkeerd dink, omdat hulle heeltemal sonder liefde leef, want liefde en Waarheid kan nie geskei word nie, omdat dit die ewige Godheid se konsepte is. Dus moet dit verstaanbaar wees dat die oordrag van die suiwer Waarheid aan 'n persoon, baie spesiale vermoëns vereis en dat nie almal daarvoor geskik is nie. Hoewel Ek graag die Waarheid aan elke persoon wil oordra, kan Ek dit nie doen deur hulle direk aan te spreek nie, want almal is nie in staat om My te hoor nie, omdat hulle siele nie sodanig gevorm is dat die geestelike klanke met hul geestelike oor waargeneem kan word nie. Slegs min mense is daartoe in staat en van hierdie min bied slegs sommige individue hul dienste aan en hierdie taak om die Waarheid van My te ontvang en volgens My instruksies te versprei, is slegs binne die vrye wil moontlik. En weer herhaal Ek dat lig bedoel is om versprei te word, dat die geestelike duisternis op aarde My motiveer om lig te stuur aan mense, maar lig dui altyd op kennis van die suiwer Waarheid. Ek wil mense se geestelike toestand verlig, dus moet Ek die soort inligting aan hulle oordra wat ooreenstem met die Waarheid. En dit is slegs moontlik deur die onthulling van Myself, deur My direkte kommunikasie met 'n persoon wat geskik is om dit te aanvaar. Bloot die wil om vir My van diens te wees is egter nie genoeg nie, dit vereis ook die gawe om te kan hoor, nie almal wat die wil het, is geskik nie, net soos omgekeerd, die siel se vermoë om My Woord te verstaan, nie beslissend is wanneer die wil om vir My diensbaar te wees, ontbreek nie. Daarom volg dit dat Ek net 'n paar diensknegte en dienaresse het wat in staat is om hierdie doel te bereik, maar dat Ek hierdie paar besonder versorg en nie sal toelaat dat hulle verhoed word om hul taak uit te voer nie, want dit is dringend nodig tydens die laaste dae voor die einde, wanneer slegs die suiwer Waarheid kan waak teen die val in die afgrond en daarom moet die suiwer Waarheid deur My oorgedra word na die aarde, sodat almal van goeie wil gered kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205