BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 317

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die weg van liefde en geloof 6033 Julle moet die weg van die liefde en geloof gaan indie julle na My toe wil kom en die ewige saligheid bereik. Julle moet maar net glo dat julle geskape was deur ‘n Mag, Wie julle liefhet en Wie julle daarom in ‘n toestand van volmaaktheid wil sien. Want slegs wat volmaak is, kan met die Mag verbind en salig wees en Hy wil ook hê dat julle salig moet wees, omdat Hy julle liefhet. Julle moet in My glo, Wie julle uit My Liefde geskape het. Deur dit te aanvaar wat julle nog nie kan glo nie, sal julle daartoe aanspoor om julleself aan hierdie Mag te onderwerp en met steeds meer oortuiging sal julle dan leer om te glo, omdat hierdie erkenning reeds ‘n uiting van julle oerwese is, omdat julle volmaak van My uitgegaan het en ook solank volmaak sal bly, indien julle My sal erken as julle God en Skepper van ewigheid. Maar julle het julle volmaaktheid vrywillig opgegee toe julle julleself van My afgekeer het en julle tot hom gewend het wat wel deel gehad het aan julle skepping deur sy wil, maar die krag om te skep van My ontvang het. Julle het ‘n ander erken en My daardeur verloën. En eers wanneer julle My weer in vrye wil sal herken en erken as julle God en Vader van ewigheid, eers dan sal julle weer die toestand van volmaaktheid binnegaan wat dit vir julle moontlik sal maak om in My nabyheid te vertoef. Dus verlang Ek vereers die geloof in My. Maar julle kan slegs die regte geloof ontvang as ’n lig in julle ontsteek word wat aan julle helder insig sal gee. Wat julle moet glo, moet julle ook met oortuiging as waarheid daarvoor kan instaan en dit moet in die eerste plek duidelik deur julle ingesien word. Daar moet iets wat tot dusvêr vir julle verborge was, deur ‘n lig helder verlig word en die lig is die liefdesvonk wat in julle ontsteek moet word en wat ook maklik ontsteek kan word, indien julle julleself tot My sal wend sodat die straal van My Liefde in julle harte kan val en ontbrand, dit wil sê, dat julle nou reeds maar net sal doen waartoe ‘n stem in julle jul sal aanspoor, sodat julle dit sal doen wat julleself wil hê moet geskied. Elkeen van julle mense kan julle verplaas in die toestand van sy medemens wat hom in nood bevind en hy sal weet wat vir hom begerenswaardig sal wees. Dus moet hyself ook so handel teenoor sy naaste. Die gevoel sal in alle mense aanwesig wees, sodat hy dit self as ‘n weldaad sal ondervind, indien hy gehelp word, - dus weet hy ook in homself dat hy net so moet handel. En wie toegee aan hierdie innerlike aandrang, open sy hart en kan deur die straal van My Liefde getref word. En dan sal daar ‘n lig in hom skyn wat hom die helderste insig sal gee. Dan word sy geloof lewend deur die liefde, terwyl dit voorheen slegs ‘n suiwer verstandelike geloof was, wat wel My bestaan as God en Skepper aanvaar het, maar wat hom tog nie die weg gewys het na My, sy Vader van ewigheid nie. Hierdie insig word slegs verkry deur die liefde in die mensehart en daarom sê Ek dat julle die weg van die geloof en die liefde moet gaan, want die geloof sonder liefde kan nog nie ‘n ware geloof genoem word nie en dat die liefde die geloof eers lewend moet laat word en dat daar sonder liefde ook geen insig moontlik is nie, omdat die verstand alleen nooit die samehang sou kon deurgrond nie, maar wat die liefde in die hart van ‘n mens egter maklik begryp. ‘n Geloof sonder liefde kan ook weer baie maklik opgegee word, terwyl ‘n deur die liefde lewend geworde geloof vir ewig nie meer prysgegee sal word nie. Want die kennis het dan tot oortuiging geword, waarvoor van die mens vereers net ‘n geloof verlang word, sodat die mens hom en sy gevoelens kan orden met die oog op die Mag Wie hom geskape het en na gelang van die krag van sy verlange, self met die Skepper in verbinding kan tree en dan sal die toeskyn deur My Liefde ook kan plaasvind. Maar die mens moet in volle vryheid van wil na My toe kom, in volle vryheid van wil moet hy die weg van liefde en geloof gaan, wat dan ook onherroeplik na My en die ewige saligheid sal voer. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205