BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 398

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

“God is in My” - In liefde werksaam wees 6225 Wanneer die ewige Liefde Haarself tot julle oorbuig, dan kan daar geen meer terugval in die diepte bestaan nie. Want wat sy vasgryp, hou Sy ewiglik vas, omdat liefde en Liefde mekaar gevind het. Sorg daarom dat julle My geneentheid verwerf. Maak seker dat julle in My wil leef en julleself dus tot liefde omvorm, sodat Ek Myself dan met julle kan verenig, sodat Ek julle kan vasgryp en met julle verbonde bly tot in alle ewigheid. Julle sal waarlik vasgegryp kan voel deur My as julle die liefde beoefen, as julle altyd slegs doen wat My wil is. Want dan onderwerp julle julleself aan My wil en My Liefde sal julle deurstroom en sal julle altyd aanspoor tot nuwe werke in liefde. Sodra julle die goeie doen uit innerlike aandrang, is Ek alreeds in julle. Want die innerlike aandrang gee ’n bewys van My. Dit bewys My Gees van Liefde, Wie julle nou beïnvloed, Wie julle lei en julle daartoe aanspoor om altyd in liefde werksaam te wees. Sodra julle werke van liefde verrig, is julle ook met God verbonde. Hy is in julle. Maar slegs wanneer julle werksaam is in liefde. Die uiting: “Ek het My God in my” is slegs geregverdig wanneer julle harte tot liefde bereid is. Want Ek kan slegs daar teenwoordig wees waar liefde is, omdat Ek Self die Liefde is. En dan sal julle ook kan beoordeel of en wanneer die mens maar net leë woorde gebruik. Want nooit kan daar van My teenwoordigheid gepraat word waar die hart sonder liefde is nie. Die Liefde en Ek is dieselfde. Die liefde is egter onbaatsugtig. Sy is altyd bereid om te offer, te gee, nood te verlig. Sy is slegs op die welsyn van die medemens gemik. Die Liefde is goddelik Sy en maak die wese ook tot ‘n goddelike skepsel, waarmee Ek Myself kan verbind. Daarenteen is My teenwoordigheid onmoontlik by 'n mens wat liefdeloos optree en dink wie self, deur sy keuse, buite die gebied getree het waar My Liefde vloei en dus daarom geen ander verbinding met die ewige Liefde het as net dat die krag wat hom die lewe gee uit My stroom, maar hierdie krag dwing nie om die verbinding in liefde met My aan te gaan nie. God kan nooit verloën word deur 'n denkende mens nie. Maar die verbinding met God moet die mens self moontlik maak. Hy moet dit tot stand bring deur werke van liefde. Eers dan kan hy met reg sê: “God is in My”, want dan het Ek hom vasgegryp en Ek sal hom nooit meer van My laat weggaan nie. Dan het die mens die voorwaardes vervul wat hom met My verenig. Hy het die wet van die ewige ordening binnegegaan. Hy het sy wese tot liefde verander. Hy het My teenwoordigheid self vir hom afgedwing, omdat Ek altyd daar moet wees waar die liefde is, maar nooit daar kan wees waar die liefde ontbreek nie. Slegs die liefde waarborg My teenwoordigheid. Die liefdesvonk gloei swak in elke mens as deeltjie van My, maar sy bly solank heeltemal sonder uitwerking, as sy nie aangeblaas word nie, wat die eie wil van die mens moet doen. Dan bly hy egter ewig met My verbind. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205