BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 442

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die gebed as genademiddel 6321 Die genade wat na julle toe stroom, benut julle te weinig, want Ek wend My steeds met genadegawes tot julle. Ek bied hulle vir julle aan, maar julle gaan daarby verby. Waarom roep julle nie na My as julle in nood is nie, waarom gebruik julle nie die gebed nie? En waarom sluit julle julle oor vir My Woord wat julle van bo gestuur word deur My dienare op aarde? Glo dat elke nood slegs ‘n middel is wat deur My aangewend word wat julle moet help, dus ‘n genade van My kant af is. Glo dat ook die gebed ‘n onverdiende genade is, dat Ek na julle luister, wanneer julle tot My spreek en dat My Woord die mees waardevolle genadegawe is, omdat dit vir julle die grootste hulp sal beteken wanneer julle na My luister wat Ek vir julle te sê het en julle help om die ewige geluksaligheid te bereik. Elke middel wat Ek aanwend om julle te help om uit die diepte tot die lig te kom, is ‘n genadegeskenk vir julle, omdat julle by julle afwysende houding nie verdien dat My Liefde steeds sorg dra vir julle nie. Gedurende die eindtyd stroom genadegawes julle waarlik in oorvloed toe en niemand hoef met leë hande te vertrek nie, elkeen kan homself soveel daarvan toeëien as wat hy begeer en hy hoef maar net te wil, sodat hy in geestelike nood gehelp sal word en hy kan verseker wees van daardie hulp. Maar geen enkele genadegawe werk sonder julle bereidheid om dit te gebruik nie. Daarom kan Ek julle nie verander nie, maar julle moet dit self doen. Julle wil moet strewe na ‘n geestelike vooruitgang. En oral sal trappies sigbaar word wat julle kan gebruik om opwaarts te gaan. Maar julle mense het ‘n verkeerde idee van die woord “genade”. Julle dink dat julle deur hierdie middele julleself al in die besit van krag en sielerypheid kan stel. Julle glo dat formele gebruike “genademiddele” is en weet nie wat daar eintlik onder genade te verstaan is nie. Ek hou van alle mense, ook die wat vêr van My af staan en Ek wil alle mense help om opwaarts te gaan. Daarom geld My sorg eerstens vir diegene wat in geen enkele verbinding met My staan nie, sodat hulle in die eerste plek met My in kontak sal kom. En daarom bring Ek hulle in situasies van die lewe, waarin hulle in nood en leed tot My moet roep, omdat die roep na My ‘n suksesvolle uitwerking sal hê. Dus bedink My Liefde steeds nuwe middele om die skepsel wat My ontrou geword het, weer op My te rig. En al hierdie middele wat geskik is om die verbintenis tussen die mens en My tot stand te bring, is genademiddele, omdat hulle onverdiende gawes is. En sodra ‘n mens sy toevlug tot die gebed neem, dan vra hy vir My genade en dan sal hy dit onbeperk ontvang. Ek sal My in sy lewe so duidelik openbaar dat hy ‘n oortuigde geloof kan verkry, want hy het deur sy bereidwilligheid laat blyk om My genade te gebruik. En daarom kon dit hom nou ook onbeperk toevloei en werksaam word, maar wat egter steeds die vrye wil van die mens vereis. En gedurende die eindtyd kan iedereen die weg na My vind as hy dit maar wil. Gedurende die eindtyd sal alle mense so duidelik gewys word op hulle God en Skepper, op ‘n Leidsman en Helper en iedereen sal dan met My Self in verbinding kan tree en uit hierdie verbinding ongelooflik baie voordeel trek. Maar hy moet daartoe bereid wees, omdat alle genadegawes andersins sonder effek sal bly, maar dan sal die mens dan ook reddeloos verlore gaan wanneer die laaste dag aangebreek het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205