BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 283

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God sorg vir die geringste - eenvoudigste 5946 Hoe dikwels twyfel mense daaraan dat Ek My ontferm oor die eenvoudigste en kleinste, dat Ek die lot van elke mens in My hande hou, ofskoon hy op aarde 'n ondergeskikte rol speel, ofskoon hy onopsigtelik voortgaan, swak en gebrekkig na liggaam en gees. Hoe dikwels hoor Ek die woorde: Sal God Hom om elkeen afsonderlik bekommer? Julle mense het geen regte voorstelling van My as julle hierdie gedagtes in julle laat opkom nie. Julle gebruik dieselfde maatstaf as vir julleself. Net die groot, geweldige, verhewe kom julle merkwaardig voor, maar die klein, nederige word deur julle verag, totdat julle ook daar iets teëkom wat vir julle waardevol lyk. Julle oordeel na die voorkoms. Julle oordeel volgens menslike goeddunke. Maar Ek weet hoe waardevol elke afsonderlike siel is. En as Ek vir julle sê dat die mens die middelpunt van die hele skepping is, dat die skepping net vir hom ontstaan het, dat elke siel sy oorsprong in My het en dat die ontwikkeling van hierdie siel tot vroeëre hoogte - tot volmaaktheid - My aanleiding gegee het om die aardse wêreld te skep, omdat hulle in hierdie wêreld alle moontlikhede gebied word om hul vroeëre hoogte weer te bereik, dan sal julle ook begryp dat Ek My oor die nietigste skepsel sal buig om hom uit die diepte omhoog te help. Niks is vir My te gering nie, omdat dit 'n deel van My is, omdat hulle vonke van My in hulle dra, wat hulle weer met die vuur van die Ewige Liefde moet verenig. Verder is julle begripsvermoë begrens, maar nie Myne nie. Ek ken geen begrensing, nóg in My Krag en mag, óf in My Liefde en Erbarming nie. Ek ken geen begrensing in My gedagtes en My insig nie. Ek is van alles op hoogte, Ek sien en hoor alles en die armsaligste skepsel kan weet dat Ek hom vergesel. Hoeveel te meer die mens, wie se siel Ek weer wil besit, wat hom vrywillig van My losgemaak het. Hierdie siele bevind hulle in baie veelsoortige en heeltemal van mekaar afwykende situasies, daar is vir hulle heel verskillende lotsbestemmings uitgestippel en My onoortrefbare Wysheid bring in alles sukses vir elke afsonderlike siel. Maar dit sal nooit die mate van My Liefde vir die siele kenmerk nie. Daarom is die gedagte verkeerd, dat hulle vir My te gering sou wees om deur My Liefde en sorg bedeel te word. Daarom is ook vir elke mens die genade van gebed beskikbaar, wat die verbinding ook van die armsaligste mens met My tot stand bring en hom ook verhoring van sy versoeke verseker. Hierdie verhouding kan en moet elke mens met My tot stand bring, omdat die siel dan, totaal ongeag van haar uiterlike vorm, vir haarself haar aards eenvoudige en erbarmlike lewensituasie positief ontwikkel en sy ook baie eerder haar doel kan bereik as 'n mens wat in die wêreld groot en verhewe is en nie die verbinding met My tot stand bring nie, omdat die geloof by hom ontbreek in die sin en die doel van die aardse lewe en sy daarmee verbonde taak op aarde. Ek weet waarlik wat vir 'n siel die beste is. En Ek verloor geen mens uit die oog nie. Ek stuur en lei hulle waarlik goed, sodat elke siel die doel kan bereik indien dit maar net sy wil sal wees. En hierdie wil bly vry en is nie afhanklik van die lewensituasie van die individuele mens nie. Maar al My skepsels, sonder onderskeid, ondervind My Liefde en genade. En ook aan die mees nietige skepsel dink Ek, sodat hy die weg omhoog kan vind. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205