BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 262

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Gebed om sukses 5899 Alles wat julle begin, na 'n innige gebed tot My, moet julle tot seën strek, sodat Ek julle kan lei en help om goed te slaag. Ek wil altyd julle Raadgewer wees, die Een wat aan julle krag skenk, julle Meester wat julle alleen sal aanspoor tot 'n bemoeienis wat julle siele vooruit sal help. Ek wil julle denke kan beïnvloed, waartoe julle My egter die reg moet gee, omdat Ek julle vrye wil geen geweld wil aandoen nie. Maar dan hoef julle nie bang te wees dat julle iets sal doen wat in stryd sal wees met My Wil nie. Julle sal die lewe vir julle waarlik maklik kan maak as julle julself totaal aan My oorgee, as julle in voortdurende verbinding bly met My, deur gedagtes en gebed en wanneer julle julself deur werke van liefde 'n mate van krag eie maak, sodat julle alles kan doen. Dan hoef julle altyd net so te handel soos wat julle gedagtes julle ingee. Want Ek sal dan julle denke stuur en julle aan die hand lei soos 'n vader. Eens sal julle wil homself moet verantwoord. Maar as julle jul wil onder Myne plaas, as julle jul in alles aan My en My Wil, sal oorgee, plaas julle ook die verantwoordelikheid in My Hande. Julle het dan niks meer te vrees nie, want julle aardse lewe sal dan so deur My gelei word dat alles julle tot heil van julle siele sal strek. En julle sal nooit eensaam wees nie. Wie My as vaste begeleier sal hê, wie elke sorg, elke begeerte, elke vraag aan My voorlê, sal nooit alleen wees nie. Hy kan teen My aanleun, hy kan getroos alles aan My toevertrou, sodat Ek dit vir hom kan reël, dat Ek vir hom kan dink en handel, ofskoon hy ook self die uitvoerder daarvan skyn te wees. Hoe maklik kan julle mense die aardse lewe vir julle maak, as julle My nooit uit julle gedagtes weglaat nie, as julle jul daaglikse werk met My begin en eindig, as julle alles waarmee julle besig is, met My bespreek en vol vertroue die sorg aan My oorlaat. Ek sal julle waarlik nie teleurstel nie. En dit sal duidelik wees dat julle 'n geweldige sterk krag langs julle sal hê, wat alles vir julle tot stand sal bring. In die verbondenheid met My sal julle voel hoe julle self ook sterker word. Alle angs en sorg sal van julle afval sodra julle tweespraak met My hou. Julle sal vry word van elke nood. Maar julle spraak moet lewend wees. Dit moet uit julle harte kom om tot My oor deur te dring. Julle sal My by julle moet laat vertoef wanneer julle bid. En gebed moet kinderlik vol vertroue tot die Vader gerig wees. En Ek sal by julle wees en bly. Julle sal nie alleen deur die aardse lewe gaan nie. En vreesloos sal julle alles op julle kan laat afkom, omdat Ek langs julle sal staan en alles orden, soos wat dit vir julle die beste sal wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205