BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 451

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die plan van die vergoddeliking van die wesens 6336 My Verlossingsplan strek oor oneindige lang tye, die verlossingsplan van die gevalle geeste, die vergoddeliking van die geskape wesens wie eens 'n verkeerde wilsbesluit gemaak het en wie dus 'n oneindige lang tyd vereis om hulle wil korrek aan te pas, omdat hulle hul natuur verander het in iets heeltemal teenoorgesteld van My, maar wie nogtans eendag weer My beeld sal word. Die proses van hierdie transformasie of herlewing benodig 'n oneindige lang tyd, want dit moet volgens ’n wettige orde plaasvind, anders sou dit lei tot onvermydelike chaos en die uiteindelike doel sal nooit bereik word nie. Die fundamentele wet van My ewige orde is en sal liefde bly. Dus kan 'n terugkeer na My slegs bereik word as Ek al die gevalle geeste, almal wat onvolmaak geword het, die geleentheid gee om liefde te beoefen. En om liefde te beoefen beteken om van diens te wees. Gevolglik moes Ek eers die geleenthede skep wat die gevalle geeste in staat sou stel om aktief te dien. Ek moes iets skep wat hierdie gevalle geeste in staat sou stel om by te dra tot hulle verskyning en onderhoud, - op elke moontlike manier. En so het Ek die skepping bedink as geskik vir hierdie doel. By wyse van spreke, het Ek die geestelike substansie aktief laat deelneem in hulle verskyning, maar Ek moes dit forseer, volgens My wil moes hulle spesifieke uiterlike vorms aanneem en aktiwiteite uitvoer wat aan hul opgedra is. Die hele skepping word beheer deur die beginsel van om van diens te wees, want My wil regeer, wat altyd net die uitdrukking van My groter as groot Liefde is. Verpligte diens was dus eerstens nodig, omdat geen wese sou kies om te dien nie, om liefde te gee uit eie beweging nie, maar die terugkeer of re-transformasie van die gevalle wese is en sal My doel bly. Nietemin het selfs diens in 'n toestand van dwang 'n verandering bereik, alhoewel dit 'n oneindig lang tyd vereis. Maar wanneer die re-transformasie gevorder het tot op 'n punt waar die oorspronklike teenkanting aan My verswak het, kan die wese weer 'n sekere mate van vryheid ontvang, sodat sy nie meer gedwing sal word om aktief te wees nie, maar vrywillig sal voortgaan om dieselfde te doen, naamlik om te dien, waarvoor sy egter eers liefde in haarself moet laat ontbrand. Die doel van die hele proses van ontwikkeling is dat sy wil nou die regte rigting sal neem, dat sy gedagtes, bedoelings en aksies slegs bepaal sal word deur die beginsel van liefde, sodat die re-transformasie in liefde bewys kan word en die wese se vergoddeliking dus kan plaasvind, sodat die doel wat Ek aan die geestelike wese gestel het, bereik is, dat die geskape wese haarself vrywillig gevorm het na My beeld, na My kind. Maar gedurende hierdie oneindige lang tydperk van ontwikkeling gaan die wese deur talle fases en eendag sal sy in staat wees om terug te kyk, wanneer sy in 'n toestand van lig sal verkeer, in staat sal wees om die geweldige omvang van My Verlossingsplan te begryp. En elke individuele fase sal aan haar die lyding en smarte openbaar, wat dan eers die groot omvang van haar val in die diepte sal aantoon, die afstand vanaf die Een wat haar in die begin geskape het in alle volmaaktheid. Eers dan sal My Liefde, Wysheid en Almag geopenbaar word aan die wesens, en eers dan sal die toename van hul liefde vir My oor hulle spoel en hulle sal heeltemal in My vloei van Liefde gedompel word. Hulle sal My sonder einde loof en prys en geen ander begeerte hê as om te dien en My te help om eendag My doel te bereik nie, naamlik die vergoddeliking van al die geskape wesens. Hulle sal voortdurend aktief wees in liefde en sal so voldoen aan hul oorspronklike doel, naamlik om te werk en te skep volgens My wil, wat nou ook hulle eie wil sal wees, want hulle sal volmaak wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205