BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 393

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verduideliking van die “geestelike vonk” en “siel” 6210 Julle sal altyd ‘n verduideliking ontvang mits julle daarvoor vra, omdat verkeerde denke kan lei tot onsekerheid, misleide denke toon leemtes, maar die waarheid is volledige wysheid wat julle sal verlig, wat julle insig verhoog, sodat julle kan leer om My en My Wese te verstaan, My heerskappy en aktiwiteit as die hoogste en mees volmaakte Gees en julle sal daardeur ook 'n steeds dieper en lewende geloof bereik, wat slegs deur die waarheid bereik kan word. Dit word deur My Liefde aan julle oorgedra, terwyl misleide geestelike kennis My teenstander se werk is, wat julle geloof in My wil vernietig. Ek sal altyd dieselfde waarheid aan julle leer, die kennis wat julle sal ontvang, sal altyd ooreenstem en nooit teenstrydighede bevat nie. Ek is 'n Gees vir ewig en altyd. En gees het weer van My uitgegaan, wesens van dieselfde geestelike substansie wat volmaak was soos Ek en wat eerstens deur My geskape is. Die feit dat en die rede waarom hierdie wesens hul volmaaktheid verloor het, is reeds vele kere vir julle deur My Liefde verduidelik, om My Verlossingsplan vir julle verstaanbaar te maak en julle liefde vir My te laat ontwaak en groei. Maar enige wese in 'n toestand van onvolmaaktheid, kan nie as ‘goddelik’ beskou word nie, hulle behoort aan 'n ander sfeer as die een waar Ek woon saam met die geeste wat volmaak gebly het. Hulle het 'n ander natuur aangeneem, hulle het heeltemal in hulself verander, hulle natuur is in stryd met My fundamentele natuur; nietemin, bly en is dit krag wat uit My na vore gekom het, wat in die oneindigheid ingevloei het en wat eendag weer sal terugvloei na My toe. Maar dit sal My slegs bereik wanneer die geestelike wese weereens 'n toestand van volmaaktheid bereik het. Ten einde hul terugkeer na die Bron te bewerkstellig waaruit die wesens ontstaan het, maar wie hulself van My gedistansieer het, is die wesens gedisintegreer in ontelbare infinitesimale (klein) geestelike deeltjies, in ontelbare substansies, waar daar aan elkeen 'n taak gegee is om te vervul binne My totale skepping om dus so 'n weg te gaan wat hulle beslis weer opwaarts na My sou terugvoer. So het Ek die gevalle gees weer na My teruggetrek, want as gevolg van die groot afstand van My, kon hulle nie self die opwaartse gang in hul verswakte toestand onderneem het nie. En Ek het 'n situasie geskep waarin al die deeltjies wat deel uitmaak van 'n geestelike wese, weer kon saamkom. Ek het toe vir hierdie infinitesimale deeltjies 'n uiterlike omhulsel gegee, geskik om die groot taak te vervul, naamlik om die siel te stimuleer, wat die vereniging van al hierdie infinitesimale deeltjies is, om 'n aktiwiteit op te neem wat sou help om hulle te herstel tot hul oorspronklike toestand van volmaaktheid. Eerstens het Ek die dooie uiterlike vorm, die menslike liggaam, lewend gemaak, tesame met die siel, met die geestelike wese wat oorspronklik binne My beeld was, maar wat vrylik sy volmaakte toestand verlaat het. En toe, om hierdie siel in staat te stel om weer volmaaktheid te bereik, het Ek 'n klein vonkie van My ewige liefdeskrag in hierdie siel geplaas. Iets Goddeliks het verenig met die siel om haar te help op haar weg om volmaaktheid te bereik. Dus het 'n vonk van liefde kontak bewerk met die Ewige Liefde. Maar dit moet eers aangesteek word deur die mens self deur sy eie keuse. Dit gloei inderdaad binne elke persoon, maar kan tot die helderste glans aangeblaas word of gesmoor word, in welke geval enige kontak met My onmoontlik sal wees en wat sal lei tot hernude kluistering. Hierdie geesvonk, wat deel van My is, woon binne die mens se siel vanaf die begin van sy beliggaming af tot by sy fisiese dood. Sodra die siel haarself verenig het met haar gees tydens haar aardse lewe, dit is nadat sy die Goddelike vonk van liefde in haarself ontsteek het en hierdie gees van liefde toegelaat het om haar gedagtes, wil en dade te bepaal, sal sy weer haar oorspronklike toestand bereik en na My teruggekeer, want dit wat deel is van My, streef na My, dus sal die vereniging van hierdie siel met My, as My kind, moet plaasvind. Indien hierdie siel egter hierdie vonk van liefde heeltemal geïgnoreer het, as sy dit heeltemal versmoor het, dan sal sy haarself weer ontneem het van haar Goddelike deel, Wie alleen in staat was om haar te help om die lewe te bereik. Dan het sy weereens die dood vrywillig gekies, die kluistering in vaste vorm, waarin die Goddelike geesvonk nie kan volg nie, omdat, indien hy die geleentheid gegee word, hy net 'n bewuste wese kan beïnvloed, maar nooit 'n wese wie se bewussyn weggeneem is en wie binne sy beperkte wil, geen ander keuse gehad het as om aan My wil te voldoen nie. Slegs vryheid van wil laat die werking van My Gees toe, maar hierdie vryheid van wil kan dit ook verhoed, want die siel kan ook die geesteryk ingaan sonder dat sy ooit bewus was van die gees in haarself. Sulke siele is in duisternis aan die anderkant vir 'n oneindige lang tyd, want die Goddelike geesvonk kan nie skyn nie, want hy het die siel tydens die oomblik van dood verlaat en het weer teruggekeer na sy oorsprong. Alhoewel die wese self bewus is, is sy nietemin nog so vol rebellie, wat dit onmoontlik maak vir die gees se liefde om effek uit te oefen. Dit is waarom dit uiters moeilik is om die siele uit hul dooie toestand tot lewe te wek, maar dit is nie onmoontlik nie. Liefdesvonke bars ook in hierdie koninkryk uit, en sodoende probeer My uitstraling van liefde dikwels om te ontbrand in hierdie siele en hulle wil te motiveer om na die straal van lig en liefde te gaan, en dan sal 'n gewillige siel ook weer deur My Gees bygestaan word, maar in hierdie geval sal hy nie weer die siel van binne beïnvloed nie, maar sal die siel uiterlik aanraak. Dit wil sê, sy sal in insig ingelei word deur die ligwêreld, wat egter op die aarde teweeggebring sou kon word deur die geesvonk in die mens, as sy net sy werking toegelaat het. Dit is die rede waarom dit in die geesteryk ongelooflik moeilik is om opwaarts te gaan. Maar dit kan nooit ontken word dat die siel die werklike selfbewuste entiteit is nie, die vorige oorspronklik geskape gevalle engelgees. En dit sal 'n “gevalle” siel bly solank as wat sy haarself nie met My Gees verenig het nie, solank as wat sy nie deur die beginsel van liefde beheers word en weer haar oorspronklike natuur aangeneem het nie. Die geesvonk in die mens, die deel van Myself is juis hierdie liefde wat ontbreek het in die gevalle wesens, maar wat in die mens se hart geplaas was as 'n baie klein vonkie om deur hom gewek te word tot 'n brandende vlam. Die gevalle wese het My Liefde verloën en verwerp. Sonder liefde sal sy nooit in staat wees om na My terug te keer nie, maar Ek wil haar weer terugwen, en daarom het Ek 'n klein vonkie van My goddelike Gees in hierdie siel geplaas, wie dit egter vrywillig moet laat ontvlam tot die helderste gloed. Hierdie wese kan ook My Liefde verwerp en sal nogtans nie sonder hulp aan die anderkant gelaat word nie, maar die opwaarts gaan in die geesteryk is baie verskillend van dié op die aarde. Die siel sal nooit in staat wees om die graad te bereik wat sy kon bereik deur haar lewe op aarde as sy haarself vrywillig toegelaat het om deur My Gees gelei te word in haarself nie, indien deur 'n lewe van liefde, sy die geesvonk gewek het en dus tot 'n sekere mate, reeds die vereniging met My aangegaan het, sodat Ek haar direk kon beïnvloed omdat sy nie My uitstraling van liefde teengestaan het nie en dus haar natuur heeltemal verander het deur te voldoen aan My fundamentele natuur. Sy sal nie dieselfde moontlikhede in die geesteryk gebied word nie, maar die siel sal steeds gehelp word om uit die diepte te klim na die lig, mits sy nie die pogings van die ligwesens weerstaan en weer na die diepste diepte neerdaal nie, wat op ‘n hernieude kluistering sou dui. Die Goddelike geesvonk in julle is die Liefde wat ‘n deel is van My wat in elke mens is en wat aangesteek kan word, maar slegs vrywillig. Hierdie geesvonk het geen vorm nie, maar kan die hele siel deurdring en haar dus vergeestelik. Want die siel is die eens gevalle, self bewuste entiteit wat bedoel is om die engelgees te word wat dit in die begin was. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205