BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God se Woord - ’n onskatbare genade in die eindtyd 5367 Julle mense word waarlik ’n enorme gawe aangebied wanneer My Woord van Bo aan julle gebring word, want in die geestelike verdorwenheid van die eindtyd is dit vir julle ‘n middel van onskatbare waarde om die suiwer Waarheid van My af te ontvang, waardeur julle geluksaligheid kan bereik, indien julle dit met julle hart ontvang en julle lewe dienooreenkomstig in orde kry. My Woord sal altyd ‘n spesiale uitwerking hê wanneer dit bewustelik nagestreef en ontvang word; maar die mense wat ook indirek benader word, sonder om dit te soek, sal spontaan die krag van My Woord voel, indien hulle slegs ‘n kort rukkie sal stilstaan en die harte oopmaak. My Woord sal hulle soos ‘n toespraak uit ‘n ander wêreld raak, waaraan hulle aandag sal gee, omdat hulle iets ongewoon verwag en hulle hulself nie daarvan sal wil uitsluit nie. Hulle kan eindeloos wen daardeur, hulle kan tot so ‘n mate genade ontvang dat hulle binne ’n kort tyd geestelike volwassenheid sal bereik. Maar tog word hulle meestal opnuut deur die wêreld afgetrek en dan laat hulle gedagteloos ‘n geskenk van genade by hulle verbygaan sonder om hul siel te bevoordeel. O, as julle mense tog net sal glo dat julle deur My Self aangespreek word wanneer My Woord aan julle gebring word; dat julle sal luister na My Woorde en die kort tyd gebruik wat julle nog op hierdie aarde gaan lewe; dat julle ernstig sal nadink oor die lewe van julle siele na die dood van julle liggaam! Ek kan julle nie help buiten deur die aanbied van ‘n duidelike geskenk van genade in julle beproewing nie, julle moet self die geskenk aanneem en tot volle mate gebruik. Dan kan julle ook werk tot voordeel van julle medemens, julle kan aan hulle gee wat julle deur My Liefde geleer het toe Ek met julle deur My boodskappers gespreek het; julle kan hulle inlig soos wat Ek julle ingelig het en hulle dieselfde onderrig gee en hulle bewus maak van die werking van My Gees. Julle sal self ryke seën daaruit bekom, omdat My eie seën en die van julle medemens, wat hul weg na die Waarheid deur julle gevind het, julle sal volg. In die chaos van die eindtyd sal baie mense julle dank wanneer julle hulle in My Naam onderrig. En vir hierdie bediening berei Ek julle, My uitverkorenes, reeds voor. Omdat julle My Woorde glo; maar julle sal ook in twyfel gestort word, weens My stilte na die wêreldgebeurtenisse; wanneer die wêreld onbeteueld bly sondig, ongekontroleerd van bo. Ek openbaar Myself onherroepelik en roep orde met ‘n donderstem en presies om hierdie voorafgaande rede bied Ek julle mense die volheid van genade aan, wat julle van ‘n graad van volwassenheid sal voorsien wat julle in staat sal stel om die einde onbevrees te verwag en te oorlewe. Julle neem egter nouliks enige notisie van al My geskenke van genade en dit word slegs deur weiniges as sodanig erken, naamlik as ‘n laaste liefde- en waarskuwingsberoep aan die kinders van hierdie wêreld, wat hul laaste besluit sal moet neem. Ek sal My Woord na die aarde bly bring, sodat julle wat Myne is, kan besef dat Ek Myself nie terugtrek nie, maar oor julle almal waak. En Ek sal altyd na julle in Woord en Skrif kom, ook in My volle glorie op die laaste dag, wanneer Myne troos en krag en hulp nodig sal hê, wat slegs Ek aan hulle sal kan bring. Dan sal alles wat Ek geprofeteer het vervul word, sodat julle geloof versterk kan word. Die ou aarde sal tot haar einde kom en hulle wat getrou aan My gebly het en behoorlik gebruik gemaak het van My geskenk van genade, sal in die Koninkryk van vrede opgeneem word, omdat die einde vir hulle die begin van ‘n nuwe lewe sal wees, ‘n lewe van vrede en saligheid in die paradys van die nuwe aarde, wat Ek aan elkeen beloof het wie aan My glo, wie My liefhet en My gebooie onderhou. Die laaste dag op hierdie aarde sal die eerste dag van saligheid wees, want Ek sal Self kom om Myne te haal wanneer hul lewe op hierdie aarde in gevaar sal wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205