BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 380

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die verspreiding van die Goddelike leer van die liefde is belangrik 6165 Al julle sorg moet slegs uitgaan na die verspreiding van die Goddelike leer van die liefde. Dit gaan oor niks anders nie, - as die omvorming van die mense tot liefde. En hulle hoef slegs te weet dat die gebooie van die liefde vir God en die naaste nagekom moet word, om die doel van hul lewe op aarde te bereik, naamlik om na die dood die ewige geluksaligheid in te gaan in die ryk van die lig. Die mense glo weliswaar nie aan 'n verder lewe nie, tog sou hulle 'n lewe in liefde moet lei, omdat dit aan hulle al die bewyse sou lewer van dit wat hulle nie kan glo nie, omdat die liefde by hulle ontbreek. Elke mens moet toegee dat sy kennis gebrekkig is, dat hy nog voor onopgeloste raaisels staan wat die sin en die doel van sy lewe op aarde, sowel as van die skepping betref. En elke mens kan daarom slegs die ernstige raad gegee word om die liefde in homself te laat ontvlam, omdat dit dan ook in homself lig en helder sal word, omdat dit vir hom dan meer verstaanbaar sal word wat vir hom sonder liefde nog onbegryplik was. Elke mens moet hierdie "proef op die keper" neem, en hy sou dit in ewigheid nie betreur deurdat hy hierdie raad opgevolg het nie. Want alleen deur die liefde kan hy dit bereik wat hom op aarde al gelukkig sal maak en eendag in die ewigheid. Die liefde is die sleutel tot die insig, die liefde is die sleutel van die poort na die ligryk. Die liefde is alles: Lig, krag en geluksaligheid. Daarom moet die liefde steeds gepredik word wat die mens Jesus tot inhoud van sy leer het, toe Hy op aarde gewandel het. Hy het geweet wat die uitwerking van 'n lewenswandel in liefde sou hê. Hy was op hoogte van die nood van die mense wat sonder liefde voortgegaan het. Hy het geweet van die geestelike duisternis wat slegs deur werke van liefde gebreek kon word, omdat die Liefde self Lig is wat ook die donkerste nag helder verlig. Daarom het Hy die mense 'n lewe in liefde voorgeleef en hulle tot navolging aangemaan. Daarom het Hy Sy leerlinge die wêreld ingestuur met die opdrag om die evangelie te verkondig. Hy het steeds die liefde gepredik en het die mense so die korrekte weg na die waarheid en na die lewe getoon. Die mensdom bevind hulleself in die donkerste nag. Hulle leef in verwarde denke, in dwaling, en gevolglik in die geestelike dood. Die mense moet steeds daarop gewys word dat hul aardse bestaan doelloos is, wanneer hulle sonder liefde lewe en dat hulle die hoogste doel kan bereik wanneer hulle heeltemal verander, wanneer hulle steeds maar aan Diegene sal dink wat die liefdesleer verkondig het en wat dit ook self ten volle ontplooi het. Die duisternis word steeds groter, hoe meer dit na die einde toe gaan, omdat die liefde onder die mense steeds meer verkoel. En daarom moet alles gedoen word om die mense op die regte weg te bring, op die weg van die liefde wat begaan moet word om lewend te word. Die mense moet aangespoor word tot hulp waar hierdie hulp nodig is, tot geduld en barmhartigheid. Hulle moet ag slaan op die nood van hul naaste en nie daarby verbygaan nie. Uit liefde moet hulle mekaar wedersyds dienste bewys. Hulle moet hul bes doen om die naaste teen skade te bewaar en hom as 'n vriend en broer te beskou wat aanspraak kan maak op liefdevolle sorg. Want alle mense is kinders van één Vader. En ter wille van hierdie Vader moet hulle mekaar ook liefhê en so die doel van hul bestaan op aarde vervul. Hulle moet hul wese verander, die eieliefde verander in naasteliefde, en hul siel die rypheid verskaf wat nodig is vir 'n lewe in die lig, vir 'n geluksalige lewe in ewigheid. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205