BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 511

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Gerig aan godloënaars 6481 Julle beskou julle as onafhanklike wesens, solank as wat julle nie aan ‘n God glo, aan wie julle julle bestaan te danke het nie. Want dat julle gelei word deur Sy Wil, waarvan julle afhanklik is, wil julle niks weet nie. En tog weet julle dat julle nie in staat is om self die lewe na wense vorm te gee nie, dat julle ook nie in staat is om self die lewe met een dag te verleng nie. Julle weet dus dat julle afhanklik is van ‘n Mag, of as julle dit ontken, van ‘n wet, waaraan julle natuurlikerwyse onderworpe is. Hierdie natuurwet moet julle aanvaar, maar dit staan teen julle om ‘n Wese as Wetgewer te erken, dit staan teen julle om ‘n doel of ‘n bestemming van julle bestaan te erken, omdat daar in julle nog te veel van die gesindheid van hom (Lucifer) is, wat eertyds met sy Skepper gebreek en voorgegee het om self alleen beslissend en werkend te wees teenoor alle wesens wat hy in hierdie verkeerde gesindheid deur middel van God se Krag voortgebring het. Julle mense is wesens wat deur hom (Lucifer) voortgebring is, julle het dieselfde mentaliteit as hy, julle erken ook nie God se bestaan nie, julle het dieselfde innerlike gevoelens in julle wat hom vervul het en hom tot sy afval van God gedryf het. En solank julle God nie herken en erken nie, is julle nog vol van die duiwelse Gees, arrogant, vertrouend op julle eie krag en bowendien vol eieliefde, om welke rede julle denke ook verkeerd gerig is - en julle in ‘n verduisterde geestestoestand op aarde vertoef. En wat julle dink julle aan wysheid besit, maak julle steeds aanmatigender en meer selfbewus - en tog is dit waardelose kennis, omdat dit slegs dinge betref wat op die oomblik van dood vir julle uitgedoof word. Almal wat God verloën en meen dat daar geen verband is tussen Sy mag en homself nie, - is van God geïsoleer, hy bly ook geïsoleer na sy dood, dog bly hy bestaan. Die dood wis hom nie uit nie, soos wat hy foutief aangeneem het in sy aardse lewe. Hy bly self bewustelik as wese, - hy sien slegs in dat hy kragteloos is wanneer hy dieselfde wil doen as wat hy in die aardse lewe gedoen het. Dan neem hy dikwels besit van die krag van mense wat van gelyke gesindheid is (besetenheid) en versterk hulle nog meer in hul verkeerde denke. Want alles wat aan God weerspannig is, staan nog in verbinding, sowel met mekaar, asook met die wese (Lucifer), wat as eerste die skeiding met God voltrek het. God het wel al die geeste as selfstandig buite Homself geplaas, sodat hulle hulself sou sien as selfstandige wesens, maar Hyself het nie die verbintenis met hierdie wesens verbreek nie, - maar deurstraal hulle voortdurend met die krag van Sy Liefde. En solank hulle die krag van Sy Liefde in ontvangs geneem het, was hulle salig. Toe die eersgeskape wese egter die liefdesuitstraling van God afwys, toe hy vanuit 'n arrogante denke gemeen het dat hy Haar meer nodig het nie, wys hy tegelykertyd vir God af en isoleer homself heeltemal van God - en hy word daardeur onsalig en verduister van gees. En sodoende is die “verloëning van ‘n Godheid” altyd ‘n onfeilbare bewys om ’n aanhanger te wees van hom wat eens in opstand gekom het teen God. In die aardse lewe kan die mens maklik tot die insig kom, om afhanklik te wees van die Wil van ‘n Mag wat hom beheer, want daarvoor word teveel bewyse aan hom gegee, aan homself en aan sy omgewing. Dog bepaal God nooit die wil van die mense om te dink volgens die Goddelike orde nie, maar Hy gee elke mens opheldering wat na lig verlang. Daar is geen verontskuldiging vir ‘n mens wat God verloën nie, want elke mens kan Hom herken, indien hy sy geestelike hoogmoed, die aardse kwaal, opgee, as hy klein en deemoedig in gedagtes vrae sal stel, wat verseker vir hom beantwoord sal word en wat aan hom die geloof aan een God sal gee. Elke godloënaar is geestelik arrogant en hierdie arrogansie verhinder hom om vrae te stel, omdat hy vir homself kennis aanmatig, terwyl hy absoluut onwetend is. En elke godloënaar het omgang met mense wat glo aan ‘n God en Skepper van ewigheid, wat hul bestaan bepaal. En deur hulle word hy steeds weer daartoe gebring om daaroor na te dink. Weier hy egter innerlik, dan het hy nog niks van sy vroeëre weerstand opgegee nie - en hy sal ook moeilik in die ryk hierna opheldering aanneem, - as daar nie aan hom gedink word om ten gunste van hom te bid nie. Wie God dus verloën, sy weg is nog eindeloos vêr na die ewige Vaderland. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205