BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 552

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Voorbidding vir julle medemens 6582 Om in duisternis van gees in hierdie wêreld te lewe, is die lot van almal wat nog deur die teenstander van God gebind is, wie nog nie Verlossing deur Jesus Christus gevind het nie, wat daarom hul aardse weg sonder insig en in swakheid gaan, geestelik blind en sonder die krag om hulself los te maak van die teenstander. Die siele van hierdie mense word deur baie digte omhulsels omgewe en geen straal van lig kan deurdring en die siel verlig nie. Sy moes in die vleeslike liggaam gaan woon met die doel om daarin ryp te word. Dog vanaf die begin van haar beliggaming het sy altyd die vleeslike liggaam steeds sy sin gegee, wat ‘n welkome werktuig vir die teenstander was om die siel se rypwording te verhinder. Die siel, die geestelike in die mens, lei nou 'n beklaenswaardige bestaan in die liggaam. Want wat sy ookal doen, hy omhul die siel steeds digter en maak dit vir haar onmoontlik om in die lig te kom indien geen hulp aan haar verleen word nie. En as die mens slegs vir sy liggaam leef en daar dus van sy kant geen verandering te verwag is nie, dan moet die hulp van buite kom. Die siel moet bevry word uit die mag wat homself van die liggaam meester gemaak het. En aan hierdie bevrydingswerk moet die medemens deelneem wat al verlossing gevind het, wat steeds net kan gebeur deurdat hierdie siel aanbeveel word by Jesus Christus, wie haar alleen kan verlos uit haar nood, wat haar kan bevry uit die mag van Sy teenstander. Die kortste weg om sulke siele te red, is dat die mens bekend gemaak word met die Goddelike Verlosser Jesus Christus; dat die leer van die liefde van Jesus aan hom verkondig word, sodat die mens homself sal verander en sy weg na Hom sal gaan, wat waarlik ook resultate sal oplewer vir die siel oor wie Jesus Christus Homself nou ontferm. Maar as die mens volledig in die mag van die Satan is, dan sal hy geen lering oor die verlossing deur Jesus Christus wil aanneem nie. Hy sal vyandig teenoor die goddelike leer van die liefde staan, omdat die teenstander weet hoe om die eieliefde te voed en te koester. En hy sal dus nie in die minste sy siel te hulp kom en probeer om die omhulsels op te los nie, omdat dit slegs deur werke van liefde kan gebeur, waar die eieliefde hom daarmee sal hinder. En nou moet die medemens homself erbarm oor so `n siel. Hy moet haar die liefde gee wat die eie liggaam haar ontsê het. Sy kan slegs gered word deur liefde en sy sal elke liefdevolle gedagte weldadig voel. Sy ervaar dit as 'n ligvonkie, as 'n toestuur van krag, en sy slaag so nou en dan om ook die liggaamlike omhulsel in ’n goeie sin te beïnvloed. Elke siel gered kan word wanneer bystand in liefde aan haar verleen word. Dit sou julle mense almal te denke moet gee, want julle almal sal verlossend daaraan kan deelneem, wanneer julle hart maar in staat en gewillig is om liefde te gee. Jou liefde kan weliswaar nie die skuld van sulke siele op haarself neem en boete daarvoor doen nie, maar sy kan die krag oorbring om haar wil te verander om self die weg te gaan na Jesus Christus, na die kruis, waar sy verlossing sal kry. Die siel is die denke, gevoel en wil in die mens. Wanneer die siel deur onbaatsugtige liefde dus krag toegevoer word, dan sal sy ook die mens van binne daartoe bring om die goeie te dink en te wil. Dan word die duisternis in haar deur die liefdesvonk deurbreek. Sy sien die verkeerde rigting van haar wil in en onderwerp haarself aan 'n oordeel. Die mens begin na te dink oor sy lewe en 'n verandering is des te sekerder, hoe meer liefde aan hom gegee word vanaf die kant van die medemens. Want liefde is die krag wat nooit sonder uitwerking bly nie. Daarom is liefdevolle voorbidding nooit tevergeefs nie en kan daar geen mens verlore gaan wat deur liefdevolle gedagtes gevolg word nie, wie in die gebed opgeneem word, wie by die Goddelike Verlosser Jesus Christus aanbeveel word. Wat geen denkbeeld van menslike kant kan bereik nie, dit kan tog deur innige gebed bereik word, wanneer die liefde vir die swak, verduisterde siel die dryfveer is wat haar graag lig en krag wil laat toekom. En daar hoef geen mens verlore te gaan, wanneer die liefde van 'n medemens hom maar oor haar sou ontferm nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205