BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 488

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Werksaamheid in Liefde gee die korrekte insig 6436 Julle sal elke geleentheid moet aangryp om julle medemense opmerklik te maak op hul opdrag op aarde, naamlik om hulself tot liefde te omvorm. Julle sal steeds die liefde moet predik en daarom verkondigers van My leer van die liefde moet wees, waar hierdie geleentheid julle ook al gebied word. Dit is die taak van diegene wat aangebied het om My te dien. En Ek sal hulle seën wanneer hulle hierdie taak ernstig opneem en by die mense die verantwoordelikheidsgevoel opwek, wanneer hulle hul sal aanspoor om oor hulself na te dink. Waar liefde maar ookal beoefen sal word, daar sal die begrip ook teenwoordig wees in welke tyd die mensdom leef. Maar sonder werke van liefde sal hierdie insig by die mense ontbreek. En daarom sal hulle ook geen aanwysings ernstig opneem wat die nabye einde aankondig nie. Dit help julle dus niks om net van die nabye einde te praat nie, indien julle nie terselfdertyd die mense aanmaan om werksaam te wees in liefde nie. Want die laaste is nog belangriker as om op hoogte te wees van die einde. Die liefde is die sekerste teenmiddel gedurende die komende tyd, waarin nood en ellende oor alle mense sal losbreek. Die liefde sal die reddingsanker wees wanneer die mensdom dreig om weg te sink. Waar liefde beoefen word, verdwyn die angs, omdat die mense hulself innerlik versterk deur werke van liefde en omdat hulle deur die liefde verbonde is met My, Wie altyd hul beskerming sal wees in alle nood. Wanneer julle My dus wil dien, sal julle julle medemens steeds moet wys op My gebod van die liefde. Julle sal hulle moet leer dat hulle lewe op aarde 'n nuttelose lewe is en sal bly, indien hulle nie in onbaatsugtige naasteliefde werksaam sal wees nie, en dat hulle slegs deur ’n lewe in liefde, krag aan hulleself sal kan verskaf gedurende die tyd van nood wat hulle tegemoet sal gaan. Slegs weinig sal julle glo. Slegs weinig sal julle sonder weerstand aanhoor en oor julle woorde nadink. En aan hulle sal julle ook tyding kan gee van wat gaan gebeur. En hulle sal hulle nie daarvoor afsluit nie. Hulle sal dit as moontlik beskou en hulleself met hulle gedagtes daarop instel. Maar die kennis alleen sal hulle nie help nie, ofskoon dit aan almal aangebied moet word, omdat julle self nie sal kan evalueer of en in hoeverre jul medemens in liefde leef nie. Daarom sal julle hulle altyd weer moet aanmaan om werksaam te wees in liefde. Die liefde moet steeds verkondig word deur diegene wat My dienaars wil wees op aarde. Want liefdeloosheid is die grootste boosheid wat die mense in die diepste geestelike duisternis laat rondgaan. 'n Liefdelose mens sal ook maar selde geraak word deur julle prediking oor die liefde, maar ook sy oor moet hoor wanneer sy hart haarself afsluit. Julle sal moet poog om almal met My, as die Ewige Liefde, in aanraking te bring. Julle sal dit aan almal duidelik moet maak dat hulle hulself in die grootste nood kan wend tot die Vader, Wie Self die Liefde is en elkeen wil help wat na Hom roep. Julle mag geen geleentheid laat verbygaan om met jul medemens te praat oor die Goddelike-geestelike nie. Steeds weer sal julle moet poog om hul gedagtes te fokus op dít waarby hul voortdurend verbygaan. Wanneer julle gedagtes self voortdurend vervul sal wees van My leer van liefde, dan sal julle ook nie anders kan as om julleself te uiter teenoor elkeen wat julle pad kruis nie. En dan sal julle ook goeie verteenwoordigers wees van My leer van die liefde en My Naam. En daarom sal julle julself altyd moet beywer om in liefde te lewe, om daardeur die gees in julle die geleentheid te gee om homself te uiter. En hy sal julle aanspoor om te spreek waar daar maar 'n geleentheid homself sal voordoen. Julle gees sal julle denke korrek lei en die regte woorde laat vind waarmee julle jul medemens moet aanspreek wat op hul indruk sal maak. Maar julle mag nie lou wees en halwe werk verrig nie. Want julle arbeid is dringend nodig gedurende die laaste tyd voor die einde. Die liefde moet deurlopend verkondig word, sodat die mense wakker kan word en in hulself keer, sodat hulle oor hulself kan nadink wanneer hulle julle en julle lewens nagaan. En daarom sal julle vir hulle die liefde as voorbeeld moet lewe. En julle voorbeeld sal doeltreffender wees as woorde wat julle nie self kan bewys deur dade nie. Predik die liefde en kom self My leer van die liefde na en julle arbeid vir My en My ryk sal altyd geseënd wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205