BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 528

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Opstanding tot die lewe 6514 Die mense moet opstaan tot die lewe. Uit hul graf sal hulle verrys en opstyg na die lig. Hulle sal die dood ontsnap en nou vol krag werksaam kan wees, dus “lewe”. Ek het vir julle mense aan die kruis gesterf en deur My opstanding op die derde dag bewys dat Ek die dood oorwin het, dat daar geen ewige dood meer hoef te wees nie, dat julle dus ook sal kan opstaan tot die ewige lewe, indien julle, net soos Ek, die weg oor die aarde sal gaan, wanneer julle 'n lewe in liefde sal leef. Dan sal julle hom oorwin wat die dood in die wêreld gebring het. Dan sal julle onophoudelik krag van God se liefde na julle toe trek en dan sal daar vir julle geen toestand van kragteloosheid sonder lig meer bestaan nie. Dan kan die liggaam vergaan en die siel sal uit haar omhulsel te voorskyn kom in stralende lig. Sy sal opstaan uit haar graf en sal vir ewig lewe. Dit was 'n bittere lydensweg wat Ek op aarde afgelê het. En dikwels het die vrees My oorval dat Ek kon misluk, want Ek was op hoogte van My taak waarvoor Ek as Engel na die aarde gekom het. Die menslike omhulsel het My beswaar en het My dikwels laat twyfel aan die sterkte van My wil en My krag. Die menslike omhulsel het My angstig en moedeloos gemaak en niks het My gespaar gebly aan innerlike stryd en lyding nie. Ek het onuitspreeklik gely deur hierdie angste om nie vir My taak opgewasse te wees nie. Maar die liefde vir die medemens het gegroei en met haar ook die krag. Ek het geweet dat Ek as mens moes worstel en oorwinnaar wees, as Ek My medemens wou help om vry te word uit die mag van die teenstander, omdat Ek tog van hulle verlang het om dieselfde weg te gaan om te kan opstaan tot lewe, omdat hulle egter nooit die weg van ’n God sou kon gaan in hul sonde belaste toestand nie. Daarom was Ek wel sonder sonde, dit wil sê My siel was van bo, maar My liggaam was in dieselfde toestand as die van My medemens en moes dus ook teen alle begeertes, swakhede en belemmerende situasies stry, waarvoor daar één teenmiddel was, naamlik die liefde. Daarom sal julle mense ook as oorwinnaars uit hierdie aardse lewe te voorskyn kan kom, as julle, net soos Ek, 'n lewe in liefde sal lei. Want die liefde is die krag wat alles tot stand bring, wat niks kan weerstaan nie. En hierdie krag het Ek vir julle as mense getoon deur My opstanding op die derde dag. My siel het opgestyg uit die graf en het alle vergeestelikte substansies van die liggaam met haar saamgeneem, ‘n gebeurtenis wat haarself by elke siel voltrek, slegs vind hierdie gebeure suiwer geestelik plaas en is nie vir die mens sigbaar nie, terwyl Ek self hierdie opstanding sigbaar laat gebeur het om aan julle mense die bewys te lewer van 'n opstanding tot die ewige lewe na die dood. Daarom hoef geen mens die dood van die liggaam te vrees nie, want slegs die buitekant vergaan, maar die kern bly bestaan. Die siel sal die liggaam ontvlug en die ewige lewe binnegaan, vooropgestel dat sy die weg gegaan het in navolging van My, in die weg van die liefde. My opstanding op die derde dag was die kroon op My werk van liefde en erbarming op aarde, wat vir My as mens wel baie moeilik was, maar die menslike van My het daardeur die algehele eenwording met die Goddelike bereik, wat die doel is van julle almal in die lewe op aarde, maar wat julle nooit sonder My hulp sou kon bereik nie. Ek het vir julle mense die ware lewe as voorbeeld geleef. En omdat julle te swak was om dit te verwesenlik, het Ek vir julle, deur My dood aan die kruis, die genade verwerf om julle wil te versterk, waarvan julle almal sal kan gebruik maak om dan ook verseker julle doel te bereik. Julle hoef die dood nie te vrees nie, want julle sal opstaan, net soos Ek opgestaan het op die derde dag. En julle sal die lewe in heerlikheid kan ingaan. Maar julle sal die wil daartoe moet hê, anders sal die nag van die dood julle nog lank gevange kan hou. Maar julle Redder en Verlosser Jesus Christus sal julle uit die grafte haal, sodra julle Hom sal aanroep. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205