BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 505

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Aankondiging van oproer en onrus 6471 Wat daar ook alles mag gebeur, sal alles dien tot julle voltooiing. En ofskoon menslike wil handelinge sal verrig wat aards 'n slegte uitwerking sal hê, ofskoon menslike wil selfs in die natuurwette sal ingryp en reaksies in werking sal stel wat 'n gewelddadige ontwrigtende uitwerking tot gevolg sal hê, tog is ook sulke gebeure betrokke by My heilsplan van ewigheid en bevorderlik vir julle geestelike ontwikkeling. Maar dit word aan julle mense self oorgelaat of julle ook alles wat gaan kom, sal benut, of julle die geestelike voltooiing die moeite werd sal vind om daarna te streef, of sal julle maar net in die aardse wil opgaan en dan ook slegs aan die aardse uitwerking aandag sal skenk. Dan sal julle egter sleg daaraan toe wees, want aards kan julle mense nie iets baie goeds meer verwag nie, want die gebeure sal rasendsnel op mekaar volg en dit sal homself in 'n totaal ander beeld voordoen, naamlik oproer en onrus onder die mense, omdat daar 'n nuwe fase gaan begin, 'n woed van die magte teen mekaar, wat ook aards duidelik sigbaar sal wees. Want al sal daar ook skynbaar vrede onder die mense wees, die stryd sal verder in die verborgene voortgaan en sal ook eenmaal openlik ontbrand, tot ontsteltenis van die mense. Dit is 'n daad van die mense wat Ek egter nie sal verhinder nie, want die tyd van vrede was ook nie deur die mense benut vir hul sieleheil nie en daarom sal hierdie tyd opgevolg word deur 'n tyd van hernieude onrus en die ergste vrees. Want dit sal lei tot die einde. Maar wat daar ookal mag kom, dit werk nie willekeurig uit op die mense nie. En so kan Myne al die gebeure rustig aanskou. En hulle kan glo dat Ek My oor hulle sal ontferm in alle aardse en geestelike nood, dat Ek My hande beskermend oor hulle sal uitsprei, al woed daar 'n hele leër duiwels teen hulle. Ek ken Myne en maak al hul weë gelyk. En hulle hoef niks te vrees nie, omdat Ek oor hulle sal waak. Maar Ek sal ook hul dienste benodig gedurende hierdie tyd, want hulle sal vir My moet getuig. Hulle sal die mense moet vertel dat dit einde se kant toe staan en dat hulle deur My op hoogte gebring is oor die komende dinge. Hulle moet van My getuig by diegene wat nie wil glo nie en moet openlik vir My en My Naam opkom. Want dit sal die laaste tyd van genade wees wat nog vir hulle oorbly wat nie wil glo nie, aan wie Ek My nog deur julle wil openbaar, sodat hulle kan leer om te glo. Daarom sal julle in die komende tyd nie angstig en wankelmoedig mag word nie. Inteendeel, julle sal slegs die waarheid van My Woord daarin moet sien en des te oortuigender daarvoor opkom. En al sal die magte van die duisternis ook rondom julle raas, al leef die wêreld rondom julle in onrus en verskrikking, sal julle moet weet dat julle beskerm word deur wesens van die lig, wat in My opdrag om julle sal wees. En julle moet steeds maar net julle geestelike arbeid rustig verrig en julle beroep op My en My genade. En Ek Self sal by julle wees in alle nood en alle gevaar. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205