BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 319

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die koms van die Heer is letterlik te verstaan 6037 Die uur van My wederkoms kom steeds nader, want die einde van die aarde is naby. En wanneer die laaste dag aanbreek, sal Ek in die wolke kom om diegene te kom haal wat Myne is, voordat die aarde haar ontbinding tegemoetgaan. Dit beteken egter nie dat die aarde as hemelliggaam sal vergaan nie, maar dat ‘n verandering van haar totale oppervlak sal plaasvind, wat vir julle mense gelyk is aan ‘n algehele vernietiging, omdat niks wat lewend is, aan hierdie vernietiging sal ontsnap nie, omdat al die geskapenes daardeur getref sal word. En daarom kan Ek ook Self na die aarde toe kom om diegene wat Myne is, van daardie vernietigingswerk te ontruk, want daar sal buiten My gelowiges, niemand wees wat die laaste vernietigingswerk sal oorleef en later daaroor kan berig nie. Ek sal kom wanneer Myne geen uitweg meer sien nie, wanneer My teenstander openlik teen hulle sal optree vanweë hulle geloof, want hulle sal tot aan die einde groot verdrukking ondervind. En slegs hulle vaste geloof sal hulle staande hou en hulle in staat stel om te weerstaan, want hulle sal My koms verwag en hulle geloof sal Ek nie teleurstel nie. In stralende lig sal Ek verskyn, maar tog My Glans omhul, sodat Myne hierdie Glans sal kan verdra. Maar wat by Myne groot vreugde en jubeling teweeg sal bring, sal vir die ander tot ontsetting, tot ‘n oordeel wees. Hierdie mense sal My weliswaar nie kan sien nie en tog die ongewone gebeurtenisse waarneem, wanneer hulle die wat hulle vervolg het, voor hulle oë in die hoogte sien verdwyn. Hierdie belewenis sal vir hulle tot ‘n oordeel word, want skielik sal hulle boosheid vir hulle duidelik word en ook die sekere einde wat hulle nie sal kan misloop nie, staan nou vir hulle vas. Sou hulle My in daardie uur kon sien, dan sou hulle beide hande na My toe uitgestrek het. Maar hulle oorgawe aan My sou doelloos wees, omdat dit ‘n gedwonge geloof in My sou beteken, teweeggebring deur die bonatuurlike verskyning van Myself. Ook die wegneming van diegene wat Myne is, kon hulle geloof in My nog laat oplewe het en Ek sou hulle nog in die laaste uur genadig gewees het, maar hulle is te sterk vasgeketting aan die teenstander. Hulle kan hulle nie meer van hom losmaak nie en sal daarom in die aarde versink en die lot van die hernieude kluistering in die materie sal vir hulle beskore wees. My koms op die dag van die oordeel word deur byna alle mense betwyfel en tog sal My belofte vervul word wat sê: “Ek kom na julle toe en julle sal My in Glans en Heerlikheid kan aanskou”. Myne het waarlik die redding uit die diepste nood verdien, omdat niks meer vir hulle bonatuurlik lyk wat met die einde, wat as verseker herken word, saamhang nie. Die einde sal kom en Ek sal neerdaal na die aarde soos wat Ek eens in alle glorie opgevaar het na die Hemel, slegs sigbaar vir hulle wat in My geglo het, wie My dissipels was in die laaste tyd voor die einde. Dit is geen figuurlik opgeneemde woorde en geen gelykenisse oor komende gebeurtenisse nie, - dit is die gebeurtenisse self en sal letterlik gebeur soos wat Ek julle beloof het. En julle kan hierdie dag verwag, elke dag wat julle buitengewoon gekwel sal word deur hulle wat aan My teenstander behoort. Sodra die geloofstryd begin, sal julle weet dat die laaste uur spoedig sal aanbreek. Want dit is sy laaste daad, wat met sy uiteindelike nederlaag sal eindig. En dan sal daar weer ‘n tyd van vrede op die nuwe aarde aanbreek, want met My koms na die aarde en met julle wegneming sal hierdie aardse periode beëindig wees en begin daar ‘n nuwe. Die aarde sal omvorm word en in ‘n algehele nuwe verander word. En julle, wie Ek sal kom haal, julle sal die bewoners wees van hierdie paradysagtige wêreld. Julle sal ‘n tyd van vrede en van hemelse geluksaligheid smaak in die paradys van die nuwe aarde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205