BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 530

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Teenstander se pogings om in te glip 6527 Moenie toelaat dat enige vorm van angs julle beetpak nie, want dit is die werk van My teenstander, wat gebruik sal maak van alle metodes om julle van My te skei. Alles wat julle 'n gevoel van vêr van My af gee, is sy werk, maar julle kan dit self elimineer deur steeds nader aan My te kom. Glo My, Ek sal altyd met julle wees so lank as wat julle wil My geld. Glo My dat hy nie in staat sal wees om êrens te kom nie en dat al sy pogings tevergeefs sal wees, want Ek sal hulle oneffektief maak. Julle angs is dus heeltemal ongegrond, want hy is immers nie sterker as Ek nie, en Ek belowe julle My beskerming in alle aardse en geestelike nood. Maar hy sal aanhou probeer en julle self bied hierdie geleentheid vir hom, sodra hy weet dat julle swak en bang is. Maar hy sal onmiddellik ophou as julle in My skuil met volle vertroue in My hulp. Ek het al dikwels julle aandag gevestig op die feit dat hy om julle sluip ten einde homself te wreek, om julle werk vir My en My koninkryk tot niet te maak. Om hierdie rede moet julle julle swakheid oorkom en 'n beroep op My doen vir krag en julle sal dit ontvang. Nietemin sal die beslissende faktor julle geloof wees, waarvan die intensiteit hom dadelik sal verdryf, maar hy maak gebruik van ’n swak geloof vir sy eie voordeel. Hy sal nie in staat wees om julle te oorheers nie, want julle behoort aan My ter wille van julle wil, maar hy kan julle steeds intimideer en teister, en dan moet julle hom beveg deur julle toevlug tot My te neem, Wie hy nie kan oorwin nie en My vra vir spesiale beskerming. Maar Ek sal ook nie sy werk verhoed nie, inteendeel wil Ek julle geloof toenemend sterker laat word, totdat die teenstander geen verdere teiken kan vind nie, totdat hy moet besef dat sy versoekings tevergeefs is. Julle kan werklik baie sterker as hy wees, want julle het 'n onmeetbare hoeveelheid krag van My tot julle beskikking, maar julle moet hom ook herken, ongeag in watter vorm hy julle nader. Alles wat aanleiding gee tot onrus, alles wat ontwrigtend indring tussen julleself en My, wat julle werk vir My en My koninkryk wil verhoed, alle twyfel, alle vrees en alle verval is My teenstander se metodes, hulle is onmiskenbare pogings van sy kant om julle af te trek, om julle van My te distansieer, om julle geloof te skud en die lig van bo uit te doof. En hy sal nie verslap nie, weer en weer sal hy sal probeer om in te glip en verwoesting te saai. Maar weer en weer sal Ek ook bereid wees om julle te beskerm, Ek sal julle nooit aan hom afstaan sonder 'n geveg nie. Julle kan egter baie wen en elke versoeking deur hom kan julle geloof versterk, totdat julle nie meer 'n teiken vir hom sal wees nie, totdat die krag van julle geloof hom nie meer sal toelaat om in te glip nie. Julle mense is almal onderworpe aan sy invloed, maar solank as wat julle nie aan My behoort nie, dink julle nie dat sy invloed sleg is nie, en gee gewillig in vir hom, want hy is nog steeds julle meester wie julle nie kan weerstaan nie. Maar iemand wat reeds aan Myne behoort, ervaar alles wat van hom kom as teistering, en dus moet dit 'n teken vir julle wees om versigtig te wees as julle angstig of deur lastige gedagtes gepla word. Dan sal julle weet dat hy aan die werk is, dan moet julle die weg na My baie ernstig opneem en hierdie teistering sal baie vinnig stop. Julle aardse lewe hoef nie pynlik en moeilik te wees nie, julle kan elke dag in gelukkige vreugde spandeer as julle heelhartig een word met My en elke probleem met volle vertroue aan My oorhandig. Dan sal Ek vir julle sorg en julle veilig en saggies op die weg na bo lei, want dan sal julle julleself heeltemal aan My oorhandig het en My teenstander sal nie meer kan aanspraak maak op julle nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205