BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 327

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die lot in die hiernamaals beantwoord aan die denke en strewe op aarde 6054 Soos wat julle denke en strewe op hierdie aarde is, so sal ook julle lot na julle liggaamlike dood in die ryk hierna wees. Soek julle die Lig en die Waarheid op hierdie aarde, dan sal ook daar lig op julle wag. Gee julle egter voorkeur aan die duisternis, omdat die aardse stof julle oë verblind, dan sal julle verblyf ook daar in ‘n donkere omgewing wees, in ‘n sfeer waarin julle ongelukkig sal voel, omdat die lig by julle ontbreek. Maar julle kry die loon van wat julle begeer het. Hier op aarde word julle voortdurend in kontak gebring met die lig en word die weg tot die Ewige lewe vir julle helder en duidelik verlig, sodat julle dit slegs moet volg om na julle liggaamlike dood in die ryk van lig aan te kom. Wanneer julle egter nie die lig aanneem nie, wanneer julle donker weë gaan, sal julle ook maar net in donker gebiede beland. Julle mense hou julle tog so weinig besig met wat na julle dood met julle gaan gebeur. Julle gooi hierdie gedagtes, wanneer dit in julle opkom, van julle af en rig julle oë steeds weer op die wêreld en op die materie daarvan. Omdat dit egter verganklik is, kan julle dit nie saamneem na die ryk hierna nie. En as stoflike goed julle enigste rykdom op aarde is, kom julle arm en naak in die ryk hierna aan. Waarom versamel julle op hierdie aarde geen besittings wat bly bestaan en julle begelei op julle weg na die ryk hierna nie? Waarom is julle maar net begerig na die verganklike goed van hierdie wêreld? Julle word steeds weer die resultaat van julle lewenswandel onder oë gebring, julle word bewus gemaak van julle toestand na julle afsterwe op hierdie aarde. Julle skenk heel weinig aandag aan waarskuwings en vermanings, julle leef sonder die las van julle gewete, van die een dag na die ander en tog kan julle môre reeds opgeroep word om julle laaste gang te moet gaan. En dan sal julle ontvang wat julle nagestreef het op aarde, lig of duisternis. Daar kan vir julle niks anders gegee word as dit wat julle deur julle aardse lewenswandel verwerf het nie. Maar solank julle op aarde leef, dink aan die tyd na julle dood, dink aan julle siele wat onverganklik is en ook aan julle lot in die hiernamaals wat julle vir julleself op aarde berei. Streef op aarde na die lig en besorg julle siele die saligheid in die geesteryk. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205