BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 372

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verdere ontwikkeling op die nuwe aarde 6148 Al die geeste wat in staat is om te ontwikkel, sal hul weg van ontwikkeling voortsit, ook wanneer die einde van hierdie aarde aangebreek het, wanneer 'n totale omvorming hiervan plaasgevind het, terwyl die geeste wat bewys het dat hulle nie in staat was om die laaste fase van ontwikkeling af te lê nie, weer teruggeplaas sal word en die gang van ontwikkeling nogmaals moet gaan volgens goddelike wet, wat alle geeste in die toestand verplaas wat pas by hul graad van rypheid. En so word daar 'n tydperk van ontwikkeling beëindig, maar die kringloop van ontwikkeling word nie onderbreek nie. Die geeste wat hulle nog in gebonde wil bevind, sal voortdurend opwaarts gaan en ook die mens kan in vrye wil opwaarts gaan en homself beslis bevry uit die vorm. Maar hy kan ook op grond van sy vrye wil wegsink en dan moet hy weer van onder af opwaarts gaan. Die verlossing van die gevallenes ondervind geen onderbreking nie, ook nie wanneer die aarde geestelik en ook aards voor 'n keerpunt staan nie. Die Goddelike ordening wat aansienlik deur die vrye wil van die mens versteur is, word slegs herstel. Alles word slegs daarheen verskuif waar dit volgens sy rypheid tuishoort. Die gekluisterde geeste wat nog in die vorm van die verskillende skeppingswerke is, sal dus ook 'n verandering van blyplek ondergaan en dit vereis 'n oplossing van die sigbare skeppingswerke en die ontstaan van 'n nuwe aarde. Dit is nie vir die mense geloofwaardig nie en tog sal dit plaasvind volgens God se raadsbesluit, wat altyd die positiewe ontwikkeling van die geeste ten doel het, wat vanuit die diepte omhoog na God moet kom. Indien die geeste in die stadium van die vrye wil - as mens - heeltemal in God se orde sou gelewe het, dan sou daar nooit meer 'n totale verandering van die aarde nodig gewees het nie, omdat die positiewe ontwikkelingsproses volgens plan voltrek sou word en 'n verlossing van al die geeste ook baie vinnig sou kon plaasvind. Maar die vrye wil van die mens het so dikwels teen die Goddelike ordening ingehandel, dat die hele ontwikkelingsgang van voorheen daardeur in gevaar gekom het en daar altyd weer 'n gewelddadige ingryping van God nodig was om die wat uit die orde geraak het, weer in die regte rigting te lei. En dit beteken steeds die einde van 'n verlossingsperiode en die begin van 'n nuwe. Dit beteken steeds 'n omvorming van die aarde, dus ook 'n vergaan van alle skeppingswerke en die ontstaan van heeltemal nuwe skeppings. Dit beteken 'n vry word van die geeste wat in die harde materie gekluister is en 'n hernude gebondenheid in ’n aansienlik meer versoepelde vorm, wat nou ook die positiewe ontwikkeling van hierdie geeste, wat al vir ewige tye gevange gehou was, aan die gang sit en wat dus deur hierdie geeste dankbaar as ’n verligting ervaar sal word. So 'n omvorming van die aardoppervlak beteken vir al die geeste 'n vooruitgang, egter nie vir die geeste wat in menslike liggaam was en gefaal het nie, deurdat hulle hul wilsvryheid misbruik het en voortdurend omlaag gestrewe het, in plaas van na bo, gedurende hul lewe op aarde. Hierdie geeste word verplaas na waar hulle begerig na verlang. Hulle word harde materie. Hulle word gekluister daarin waar al hul strewe en begeertes gerig was. Dit is 'n regverdige vereffening vir die buitengewone genade van die vryheid in die beliggaming as mens. Want die mens het hierdie genade verontagsaam en dit in ’n verkeerde sin gebruik, sodat hulle hulself al verder van God verwyder het, ter wille van die materie wat hulle nou as loon ten deel val. En dat julle mense voor die einde van 'n verlossingstydperk staan, word steeds weer nadruklik aan julle voorgehou. In alle liefde het God julle hierdie kennis laat toekom oor alle samehang, oor oorsaak en gevolg, oor die gevolge van 'n goeie, sowel as 'n verkeerde lewenswandel. Hy het julle hierdie kennis laat toekom deur Sy Woord. En met ‘n goeie wil sal julle dit ook kan glo. Maar Hy kan julle nie dwing om Sy Woord as Waarheid aan te neem nie. Alleen die vryheid van julle wil bepaal julle geloof. Dit bepaal julle denke, wil en handeling en daarom ook julle lot na die omvorming, wat waarlik heerlik kan wees in die paradys op die nuwe aarde, maar dit kan julle ook onuitspreeklike kwellinge oplewer, indien julle opnuut gekluister sal word in die materie, in ooreenstemming met julle wil en julle liefde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205