BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 581

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Sagte Lig – Misleidende lig (Sensasie) 6639 Omdat die mense hulself steeds vêrder van die waarheid verwyder, word die geestelike nood steeds groter, want hulle besit geen oordeelsvermoë meer nie. Dwaling en leuen skyn vir hulle meer geloofwaardig te wees as die suiwer waarheid en die oordra daarvan word steeds moeiliker, juis omdat hulle denke verward is deur die invloed van hom wat teen die waarheid is, omdat hy teen God is en daarom alles sal doen om die mense se denke te verwar. Daar kan werklik van geestelike chaos gepraat word en die waarheid moet weer aan julle gebring word en dit kan slegs geskied deur mense wie die Lig van die Waarheid van God ontvang het en Haar dus ook as ligdraers probeer versprei. Maar ook vir hierdie ligdraers sal dit moeilik wees om ‘n gehoor te vind, omdat die gebiede waarin hulle wil werk, veral deur vyandige kragte ingeneem is, wat dus daarteen sal werk en wel op ‘n manier asof hulle dieselfde verteenwoordig, om diegene nou ook in verwarring te bring wat bereid is om die waarheid aan te neem. Julle mense kan geen begrip vorm van die stryd van die duisternis teen die lig gedurende die laaste tyd voor die einde nie. Tog hoef die mense nie aan hierdie stryd ten offer te val nie, want wie die Waarheid uit die diepste grond van sy hart begeer, hy sal waarlik geen verkeerde denke te vrees hê nie en hy sal altyd insien wanneer die teenstander geestelike lering binnegesluip het en wat vir die mense aangebied word. Dus sal hy ook insien waar die Waarheid te vinde is en hy sal aansluit by die ligdraers en graag die Waarheid uit God van hulle aanneem. Die Waarheid straal, maar Sy is geen misleidende lig nie. En onder misleidende ligte is alles te verstaan wat die oog verblindend soos ‘n bliksemstraal tref, om dit dan onbekwaam te maak om die Suiwer Lig te herken, wat slegs ‘n sagte skynsel uitstraal wat die oog weldadig aanraak. En as julle nou besef hoe eenvoudig en natuurlik die leer van Christus is en hoe kragtig die uitwerking van die suiwer woord van God is, kan julle dit vergelyk met hoe die mense in onrus, spanning en in ‘n sfeer van sensasie geprikkel word deur berigte, wat voorgee dat dit ook van geestelike oorsprong is. Terwyl die mens egter daardeur onsensitief raak vir die eenvoudige leer van Christus, sodat hy maar altyd net die ongewone en opwindende wil sien, dan weet julle ook wat onder misleidende ligte verstaan moet word en dat dit geen voordeel vir julle siel kan bring nie. As julle julleself tot God wend, sal Hy ook na julle kyk. As julle julleself egter tot die kragte in die heelal wend wie se dade julle onmoontlik nie kan beoordeel nie, dan kan julle ook flitsende misleidende ligte vanuit die heelal te verwagte wees en julle mense sal dan in verwarring raak, wat ook te verwagte is, omdat God se teenstander dan geskikte grond gevind het waarop hy homself kan vestig. En solank as wat die mense alternatiewe spys aangebied word in plaas van die “goddelike Woord”, wat meer die sintuie as die hart prikkel; solank as wat die werksaamhede van die geestelike wêreld geassosieer word met verskynsels van misterieuse aard, solank daar dus sensasie gesoek of voorspel word, wat egter geen veredelende invloed op die siel van die mens het nie, is dit nie God wat aan die werk is nie, maar is dit Sy teenstander in vermomming om die mense vir homself te wen, ten einde hul waardering vir die lig vanuit die hoogte, vir die suiwer Woord van God, te vernietig. En hy slaag in ontstellende mate daarmee, solank as wat die verstand van die mens nie uitsluitlik aan God behoort nie, solank as wat die wêreld nog nie heeltemal oorwin is deur diegene wat glo om geroepe te wees om die wêreld en haar mense te verbeter nie, wie nie tevrede is met die sagte glans van die goddelike liefdeslig nie, maar voorkeur gee aan die verblindende bliksemstrale en verblind word daardeur. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205