BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 430

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ontwikkeling van die aarde – Pre-adamiete 6295 Julle kan in volle vertroue na My toe kom met al julle vrae en Ek sal dit beantwoord sodat dit julle kan help. Julle kan egter slegs ’n beperkte hoeveelheid kennis ontvang, - maar wat Ek aan julle sal gee, sal genoeg wees om aan julle insig te gee in My ewige Plan van Verlossing. Die kennis wat Ek aan julle sal gee, sal ook genoeg wees om julle toe te laat om ander mense te onderrig ten einde My Liefde, Wysheid en Almag te openbaar. Hoe vêrder julle sal vorder, hoe meer sal Ek julle kennis vergroot, ten einde julle beter in staat te stel om My Lig en Krag te ontvang, want dit is My doel dat julle so volmaak sal word soos wat julle in die allereerste begin was. Vir hierdie doel het julle dieper insig en ‘n spesiale kennis nodig van My heerskappy en My werksaamheid, oor My Wese en julle doel. Dit het ‘n oneindige lang tyd geneem vir julle mense om te vorder vanuit die diepte tot op ’n vlak wat ‘n menslike bestaan toegelaat het. Gevolglik was ‘n uiters lang tyd nodig alvorens julle ontwikkeling as mens kon plaasvind, want alles kan slegs volgens ’n wettige orde plaasvind. Geen fase van ontwikkeling kon willens en wetens uitgelaat word nie, dus moes elke ontwikkelingsfase volgens My ewige Plan van verlossing plaasvind en was toepaslik geskikte skeppings ook nodig vir hierdie ontwikkeling, wat vir julle as ’n “prehistoriese” konsep geword het. Alhoewel die menslike noodsaak vir navorsing poog om hierdie prehistoriese tydperk te bereken, kan hulle dit slegs met beperkte sukses doen, want die stadige vooruitgang van die geestelike substansies, sowel as die totstandkoming van die skepping, wat julle nou as mens kan waarneem, het ewighede geneem en dit het oneindige lang periodes van tyd in beslag geneem, waarvoor die woord, “oneindighede” beslis die korrekte woord is. Die konsep van tyd het egter eers begin toe die lewende skepping “Mens” in bestaan geroep was deur My, want voor dit was die lewende wesens nie rasioneel genoeg ten einde onafhanklik te dink en te redeneer sodat hulle in staat kon wees om bewustelik te leef en die konsep van “verlede - hede en toekoms te begryp nie. Slegs ’n wese wat met intellek en vrye wil toegerus is, kan ‘n “Mens” genoem word, wie genoegsaam in staat was om te dink, ten einde ’n sekere mate van bewuswording te bekom en daarvolgens te lewe. Slegs vanaf hierdie tyd af kan julle van ‘n bewuste ontwikkeling omhoog spreek, wat die gevalle geeste die moontlikheid gegee het om vir goed na My terug te keer. Die skepping van die eerste Mens was die begin van ’n Verlossingsperiode waar die vrye wil die kritieke faktor geword het en nie My wil, wat die geval gedurende die prehistoriese tyd was, waar alles plaasgevind het onder die wet van dwang en wat onherroeplik ’n hoër ontwikkeling tot gevolg gehad het. En nou wonder julle hoe lank die “mens” hierdie aarde bewoon het, waarby julle slegs bedoel die rasionele mens wat in staat is om sy eie vrye besluite te neem en wie julle julleself as nasate beskou. Die eerste mens wat in staat was om die verantwoordelikheid vir sy gedagtes en aksies te neem was Adam, alhoewel daar mensagtige wesens vóór Adam op alle dele van die wêreld bestaan het, wat instinktief baie verrig het wat aangeneem word as menslike denke, maar wat nietemin gedryf was deur geestelike intelligensies, wat dus die opwaartse geestelike substansies gedien het as houers en binne die wet van “jy moet” alreeds dit verrig het wat noodsaaklik was vir die ontwikkeling van die aarde, naamlik om ’n woonplek te skep vir die toekomstige Mens. Hulle was mensagtige spesies wie se instinkte en gedwonge impulse ongelooflik sterk deurgebreek het, maar wie nietemin nie verantwoordelik gehou kon word nie, want ook hulle het bygedra tot die feit dat geestelike substansies voortdurend vrygelaat word, ten einde opnuut omhul te word, want alles het slegs gedien om ’n gebied voor te berei vir die Mens wat geskik sou wees om hul laaste wilsbeproewing te slaag. Hierdie mensagtige wesens het daarom fisies baie ooreengekom met die vorm wat Ek voorberei het vir die Mens, Adam, wanneer die tyd sou aanbreek vir die oorspronklike gevalle geeste om hulle vrye wil terug te kry, ten einde hulle totaal te bevry van die vorm. Vir tye aaneen het prehistoriese skeppings geestelike substansies vrygelaat en die ontwikkeling daarvan, wat in ’n sekere mate die hele totstandkoming van die aarde in haar gebonde toestand bevorder het, het voortgegaan om te ontwikkel en die tyd sou uiteindelik aanbreek vir hierdie geestelike substansie om ’n vrye wilsbesluit te maak. En dit was die begin van die tydperk van verlossing, wat van belang is vir julle, want dit het die wese in staat gestel om sy eie vrye wil en intellek te gebruik, ten einde ’n bewuste lewe te leef. Die begin van hierdie tydperk lê egter so oneindig vêr in die verlede dat julle mense nie in staat is om relevante berekeninge te maak nie, maar as gevolg van My wil is die belangrikste periodes en hulle gebeurtenisse aan julle bekend en alhoewel julle dit ook opdeel in goed geordende tydvakke, is dit heeltemal irrelevant vir julle eie ontwikkeling. Die eindelose aantal gevalle geeste verg ‘n eindelose lang tyd vir hoër ontwikkeling, daarom kan die prehistoriese tydsduur nie bereken word nie, net soos wat die beliggaming van ’n mens op so ‘n groot skaal sal moet plaasvind dat dit ewighede sal neem. Dit sal nie vir julle mense moontlik wees om die begin van hierdie periode wetenskaplik te bepaal nie, alhoewel julle altyd anders sal dink, want dit is in die menslike natuur, terwyl hy nog onvolmaak is, om alles verstandelik te beperk wat in die verlede is, en nooit sal erken dat daar ’n beperking is vir die tyd wat voorlê nie, - dus verwerp hy nie ’n begin nie, maar ’n einde is onmoontlik vir hom om te begryp. Die voorafgaande is egter irrelevant, terwyl die toekoms so uitermate belangrik is, sodat die mens sy volle aandag sal wy aan dit wat voor hom lê, naamlik dat een periode van ontwikkeling ten einde sal loop, soos wat vele dit voorheen gedoen het, maar dat My ewige plan van Verlossing sal bly bestaan, dat daar nooit ’n einde aan die daad van Verlossing sal kom nie, dat ’n oneindige aantal gevalle geeste ook ’n oneindige lang tyd sal benodig vir hulle terugkeer en dat Ek herhaaldelik vir hierdie geeste geleentheid sal bied om vanuit die diepste afgrond omhoog te kom na die Lig, na My, van Wie hul eens uitgegaan het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205