BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 350

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Doel van god - Ewige lewe – Vrye wil 6108 Om aan julle die ewige lewe te gee, is die doel wat Ek vanaf die allereerste begin vir My gestel het. Ek wil julle tot wesens omvorm wat in ewige geluksaligheid werksaam sal wees, wat dus sal lewe en skep en ten volle beskik sal oor lig en krag. My doel is dat julle hierdie geluksaligheid sal bereik. En tog sal julle hierdie omvorming self – wat die voorwaarde is vir 'n ewige lewe - in julle moet voltrek. Want ofskoon My Mag onbeperk is, kan Ek julle tog nie vanuit My Mag so vorm nie, omdat dit nie My doel is om willose skepsels in My nabyheid te hê nie. Inteendeel, Ek wil kinders om My hê, wat hulle volmaaktheid vry bereik het, wie se geluksaligheid Ek voortdurend kan vergroot en in wie se geluksaligheid Ek My Self ook kan verheug. Julle sal uit vrye wil kinders van My Liefde moet word. Dit is My heilsplan van ewigheid, wat Ek ook sal nastreef totdat Ek My doel bereik het. Maar daar sal nog eindelose tye verbygaan totdat alles wat uit My voortgekom het, naamlik al die geskapenes, die voltooiing bereik het. Maar omdat dit nie net My werk, maar julle eie werk bly, is My Liefde steeds daarop bedag om julle te help, julle op die korrekte weg te lei, julle kennis te verskaf oor julle taak en op elke wyse so op julle in te werk, dat julle wil nou sal uitvoer, wat julleself en ook vir My, geluksaligheid tot gevolg sal hê. En dit is steeds net moontlik deur My Woord, wat My wil helder en verstaanbaar aan julle bekendmaak, waarvan die vervulling ook dieselfde is as die vervulling van julle taak op aarde. As julle God en Skepper van ewigheid, bly Ek deur My Woord voortdurend in verbinding met julle, My skepsels. En My aanspreking wys julle ook op Hom, Wie julle geskape het. My aanspreking gaan uit na My kinders, wie in My hulle Vader moet herken, wie My Liefde moet voel, sodat hulle kan leer om My lief te hê en na My verlang. Wanneer Ek dit bereik het dat hulle My Liefde betuig, dan sal hulle ook daarna streef om by My te wees. En dan het Ek hulle vir ewig gewen. Want dan sal hulle ook die graad van volmaaktheid bereik wat hulle geluksalig sal laat word. Dan omvorm hulle hul wese uit vrye wil tot liefde en dan het Ek My doel bereik. Maar Ek dwing egter geen mens om My Woord aan te neem nie. En daarom is nog so baie mense terughoudend teenoor My. Hulle gee My nie die moontlikheid om My Liefde by hulle te laat inskyn nie. Hulle vermy elke genadevolle geleentheid. Hulle vermy die plekke waar hulle onmeetlik sou kon ontvang, indien hulle net gewillig sou gewees het. Hierdie mense verleng self die tyd wat hulle van My verwyder is en Ek moet hulle wil respekteer. Maar eens sal Ek verseker My doel bereik. Maar tot hul eie leedwese verleng My skepsels die tyd van hulle ongelukkige toestand, want hulle bevind hulle in 'n toestand van dood. En eers wanneer hulle begeer om te lewe, sal hulle lewenskrag onttrek van My Woord. Eers wanneer hulle My tot hulle sal laat spreek, sal hulle deur My Liefdeskrag deurstraal word en begin om te lewe. Maar dan sal hulle ook geluksalig wees en bly tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205