BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Benutting van die tyd van genade voor die einde 5729 Julle kan die einde nie meer teëhou nie, want die tyd het uitgeloop wat God sedert ewigheid bepaal het, Hy ken julle wil wat onstuitbaar op die afgrond afstuur en daarom weer gebind moet word. Wat die enkeling nog kan doen, is om homself so te omvorm dat hy nie tot diegene sal behoort wat slagoffers sal word van 'n nuwe verbanning nie en ook so op die medemens sal inwerk dat hulle vir die ergste oordeel gespaar sal bly. Die tyd is vervul. Dit beteken, dat die dag van die einde, die dag van die ontbinding van die materiële skeppings op hierdie aarde, op elke oomblik verwag kan word, ook wanneer aan julle mense geen tyd vermeld is, omdat die kennis slegs 'n heillose verwarring sou aanrig, maar vir niemand tot voordeel sou wees nie. Maar dit kom soos wat dit aan julle verkondig is. En die laaste dae sal soos in 'n oomblik verbygaan, want dit is slegs die einde van dit wat lank gelede voorspel is. Dit is al die tyd van die oordeel en elkeen wat met oop oë om homself heen kyk, sal dit herken. Maar dit wat nou slegs enkelinge oorval, sal oor alle mense uitbrei, naamlik leed, benoudheid, doodsangs, nood en vertwyfeling. Elke mens sal dit meemaak, want die kragte van die hel sal losgelaat word en woed en aanwakker waar daar nog iets te verwoes is. En hulle sal steeds diensbare mense vir hulle vind, deur wie hulle op enige manier skade kan aanrig. Maar elke mens kan vir hom hulp verkry vanaf God. Vir elke mens is daar goeie geestelike kragte beskikbaar, wat hy maar net hoef aan te roep, sodat hulle hom kan beskerm teen gevare vir liggaam en siel. Wie homself aan God en Sy ligbodes toevertrou, kan vol vertroue die einde tegemoet gaan. Die tyd is vervul wat aan julle mense gegee is vir die rypwording van jul siele. En die dag van die einde is vasgestel sedert ewigheid. Maar julle ken dit nie en sal daarom ook nou nog kan begin met die werk om julle te omvorm. Want elke uur wat julle jul gedagtes na bo rig, wat julle die verbinding tot stand bring met die geestelike wêreld waaruit julle afkomstig is, sal vir julle van nut wees. Probeer net om julle gedagtes los te maak van die wêreld. Laat julle nie deur die wêreld en haar goedere oorweldig, sodat die materie nie julle lot word vir ewige tye nie. Laat julle gedagtes opwaarts dryf en probeer hierdie hoogte te klim. Julle sal dit kan doen, omdat ontelbare geestelike kragte julle behulpsaam sal wees, omdat hulle julle sal dra wanneer julle hulle daarom vra. Julle sal die wêreld kan oorwin, wanneer julle dit maar net ernstig wil. Benut elke dag wat julle nog gegun is as 'n buitengewone gawe van genade. Maar hou in gedagte dat elke dag vir julle die laaste kan wees en dat nog net 'n baie kort tydjie julle skei van die einde van hierdie aarde. Want nie net 'n enkeling nie, maar vir alle mense is die einde beskore, sodat die wet van die ewige ordening vervul kan word. En hierdie wet is gegee sedert ewigheid. Wat julle mense dus as uitstel aansien, is in die plan van ewigheid ingesluit. En dit is slegs in soverre as ’n vertraging te beskou, omdat die mense al voor die tyd die geestelike dieptepunt bereik het, wat 'n ontbinding van die aarde tot gevolg sal hê. Maar God is barmhartig en Hy oordeel nie voor die tyd nie. Hy probeer in Sy Liefde nog steeds om mense te red en hy skenk ongewone genadegawes wat tot die redding moet bydra. Maar Hy stap nie weg van die dag van oordeel nie, maar kondig dit aan met steeds meer aanmaning en waarskuwing. Maar Hy sal weinig geloof vind en die einde sal steeds naderkom. En dit sal die mensdom verras, ten spyte van alle voorspellings van sy sieners en profete. En slegs hy wat glo, sal gered word. Slegs wie glo, sal voorberei, hoewel hy die uur nie weet wat die Heer sal kom nie. Maar hy verwag Sy koms en hy hou vol tot aan die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205