BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 415

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Stilte voor die storm - toegeruste stryders 6271 Hou julle gereed, sodat Ek 'n leër toegeruste stryders sal vind wanneer Ek julle na die stryd sal voer. Laat julle nie mislei wanneer dit skynbaar rustig om julle heen raak nie, wanneer die wêreldgebeure tot bedaring skyn te kom en word daardeur self nie lui in julle geestelike strewe nie. Glo nie dat My ingryping uitgestel sal word, dat daar nog 'n lang uitstel sal volg van dit wat Ek julle steeds weer aangekondig het nie. Dit is die stilte voor die storm. Dit is die tyd waarin alle mense nog kan besin, dat hulle self ook in die stilte moet gaan en nie net die vreugde van die wêreld toegedaan sal wees en onnadenkend voortleef nie. Dit is nog 'n tyd van genade wat Ek aan alle mense verleen, sodat hulle nie kan sê dat hulle deur die voortdurende sorg en onrus van die liggaam geen moontlikheid gevind het om te sorg vir hul geestelike welsyn nie. Maar julle, My getroues, moet julle nie laat mislei nie, beskou die tyd van rus as die stilte voor die storm. Want dit sal maar van korte duur wees en alles sal skielik verander en vir baie mense sal dit dan te laat wees, omdat hulle die kort tyd van genade nie benut het om krag te kry vir die komende tyd nie. Maar Myne moet hulleself toerus, want die stryd, wat ter wille van My Naam gevoer sal word, sal hard wees. En hulle sal ook baie krag nodig hê om aan die verdere verpligtinge te kan voldoen. Ook daarom sal julle 'n voorraad krag moet bymekaar maak, wat julle maar net sal kan doen deur 'n onafgebroke verbinding met die geesteryk, deur voortdurende arbeid aan julle siele, deur die afwend van julle gedagtes van die wêreld en 'n altyd dieper binnedring in geestelike sfere, waarvan die bewoners julle altyd in My opdrag van diens sal wees. Elke gedagte wat julle geestelik sal rig, sal geseën wees. En soos wat die aardse wêreld onafgebroke besig is om aardse belange na te jaag, so sal ook die geesteryk werksaam wees en die ryk help bou wat nie van hierdie wêreld is nie. Dit sal vir julle mense nie so duidelik wees nie, maar Myne sal met krag vervul wees, sodra hulle gedagtes op My gefokus is en hul geestelik besig sal wees. En daarom sal Myne sigbaar gelei word, sodat hulle nie sal verflou in hulle strewe nie, sodat hulle nie die verbinding met My sal verbreek en die wêreld hulle gevange neem wanneer hulle dreig om swak te word nie. Want My teenstander is uitermate ywerig aan die werk, omdat hy meen dat die tyd vir hom gunstig is. En dit is ook so, want die verlange van die mense na die wêreld is groot en My teenstander stil die honger op duidelike wyse. Wat hy ook by magte is om aan te bied, laat hy die mense toekom. En hulle sien nie in watter gevaar 'n luukse aardse lewe en aardse plesier vir die heil van die siel is nie. Maar net so ywerig is die kragte van die lig ook aan die werk. Maar hulle kry geen toegang by vele mense waar My teenstander al toegelaat is nie. Maar Myne sal die vergrote werksaamheid van die ligwêreld gewaar word en hulle sal gelukkig wees wanneer die tyd aanbreek dat Ek hulle nodig sal hê. En Ek sal dan daarvoor sorg dat hierdie skare van My nie kleiner sal word nie. Ek sal altyd by hulle teenwoordig wees, sodat hulle liefde en trou vir My voortdurend sal groei, sodat hulle bereid sal wees om offers te bring en dat hulle alles sal doen om My te dien en volgens My Wil te lewe, sodat hulle sonder vrees sal optrek om te stry, wanneer dit daarom sal gaan om die sege te behaal oor die teenstander, wanneer die tyd aangebreek het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205