BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 578

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Beskermengel - Geestelike leidsman 6636 ‘n Troue geestelike leidsman begelei julle op al julle weë deur die aardse lewe. Nooit is julle sonder geestelike beskerming nie en wanneer so ‘n leidsman, asook die ligwesens wat julle omring, onbeperk sou mag werk, sou julle voltooiing op hierdie aarde verseker gewees het, omdat hulle liefde vir julle alles wil doen wat julle kan help om opwaarts te gaan. Maar hulle mag nie onbeperk by julle werksaam wees nie, omdat julle wil aan hulle ’n beperking stel. Hulle kan ook maar net in ooreenstemming met hierdie wil op julle inwerk en ook dikwels belet julle hierdie wesens wie julle lei hul werksaamhede, omdat julle wil daarteen gaan. Maar tog verlaat julle leidsliede julle nie en hulle sal steeds probeer om hulle invloed op julle uit te oefen tot by julle dood. Dus sal julle voortdurend deur beskermgeeste omgewe wees en julle sal julleself ook steeds tot hulle kan wend om hulp, maar die hulp mag hulle eers aan julle gee indien julle reeds ‘n verbinding met My tot stand gebring het, omdat dit wet is, dat die ligwesens slegs My Wil uitvoer, dat hulle altyd slegs vanuit My Wil werksaam sal wees. ‘n Mens wat met God verbonde is, kan dus waarlik sonder sorg deur die aardse lewe gaan, omdat daar steeds liefdevolle hulp aan hom verleen sal word wanneer hy na innige gebed tot My, homself dan aan My helpers toevertrou en hulle ook om beskerming en hulp versoek. Sulke beskermgeeste en leidsliede is deurstroom van lig en krag en dit is daarom ook vir hulle maklik moontlik om julle aardse bestaan so te vorm dat dit vir julle draaglik sal wees. Dit is vir hulle moontlik om julle uit allerlei nood te bevry wat aards op julle afkom of wat deur die inwerking van bose kragte teweeggebring word. Aan sulke beskermgeeste laat Ek julle oor sodra julle julleself eers met My verbind het deur julle wil, deur julle gesindheid, deur werke van liefde en deur gebed. Dus kan ‘n mens wat hom aan My oorgegee het, hom ook steeds beskerm voel deur Myself en My hemelse dienare sal nou dit uitvoer wat My Wil is. En My Wil sal steeds julle welsyn voor oë hou, julle wat julleself al aan My oorgegee het en My beskerming verlang. En so weet julle dat julle nooit alleen is nie, al dink julle dat julle eensaam is of deur almal verlate. Julle word deur ’n skare gewillige geeste omring, wat onder die leiding van julle beskermengel julle versorg en julle teen liggaamlike en geestelike skade beskerm. Maar dit sal verkeerd wees as julle julleself slegs met hierdie wesens wil verbind weens ‘n sekere bygeloof, wanneer julle iets anders in hulle sou sien as My dienare, wat eers by julle werksaam mag wees wanneer julle al die verbintenis met My tot stand gebring het. Want sodra julle, sonder geloof en sonder liefde in My, tot geestelike wesens roep om hulp, roep julle vyandige kragte op en onderwerp julle julleself aan hulle mag. Want hierdie vyandige geeste is ook in julle nabyheid en wag slegs vir ‘n geleentheid om besit van julle te kan neem en hierdie geleentheid is altyd daar wanneer Ek uitgeskakel word uit julle denke, wanneer julle sonder My leef en werk op hierdie aarde. Dan kan julle geestelike leidsman hom ook nie na vore dring nie, omdat julle wil self hom verbied. En des te yweriger sal die vyandige geeste dan werk, wat julle net so om julle heen sal kan voel as die goeie wesens wat in My opdrag werk. Maar julle sal onherroeplik ‘n prooi van die slegte kragte word, omdat hulle ‘n groot mag het en dit ook aanwend, omdat julle wil hul die reg daartoe gegee het. Maar julle hoef hierdie bose kragte nooit te vrees nie wanneer julle wil maar net op My gerig is en julle julleself in My beskerming plaas. Want dan sal My talryke helpers julle tersyde staan, die wat julle wil dien en dan sal julle lewensweg oor die aarde steeds onder die beskerming van julle geestelike leidsman staan, wat Ek Self aan julle tot beskikking gestel het vanaf julle geboorte tot by julle dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205