BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Laaste reddingswerk – Roepers en vermaners 5810 Almal van julle wat My wil dien, wil Ek aanneem, want daar is nog baie arbeid te verrig tot aan die einde en Ek het juis vir hierdie arbeid getroue en ywerige knegte nodig, wat bewus is van hulle taak en wat My so toegedaan is dat hulle steeds net dit wil uitvoer wat hulle as My Wil herken, maar wie ook die geestelike lae vlak van die mense insien en hulle afskrikwekkende einde, indien hulle hulself nie gaan verander nie. Die einde kom onherroeplik, want die mensdom trek dit self na hulle toe en ook al streef daar ‘n handjie vol opwaarts, hulle kan, wat dit aanbetref, die einde nie meer teëhou nie, omdat ook hierdie weinige geen geestelike ommekeer meer kan teweegbring nie en die totale mensdom sonder ophou op die diepte afstuur, - daarom is ‘n positiewe verandering heeltemal uitgesluit, juis omdat die mense heeltemal vermaterialiseer is. Die einde van hierdie aarde beteken weliswaar ook ‘n oordeel, ‘n vereffening van die goddelose lewenswandel, ‘n skeiding van die goeie en die slegte. Maar nog veel meer is dit ‘n daad van erbarming vir die ongelukkige geeste wat hulself in die diepte bevind, wat teëgehou moet word van hulle voortdurend negatiewe strewe en van wie die wilsvryheid dus weer opnuut ontneem moet word, net soos dit egter ook ‘n daad van liefde beteken vir die nog gekluisterde geeste wat hulself nog in positiewe ontwikkeling bevind. Daarom kan ‘n einde dus nie meer teëgehou word nie. En tog kan daar nog in die tyd baie gedoen word vir die geeste wat op die afgrond afstuur, vir die mense wat blind na hulle ondergang hardloop. Elkeen wat gewaarsku word, kan bly stilstaan, homself besin en omkeer en op ‘n weg kom wat na ‘n ander doel lei. Elke mens kan teëgehou word in sy val na die diepte. Wie nou hierdie mense, wat voortdurend hulle weg omlaag neem, teëhou en hulle tot halt roep, wie hulle die verskrikkinge en kwellinge beskryf wat vir hulle aan die einde van hulle weg wag, wie hulle wys of terugvoer na die korrekte weg, hou weliswaar die einde nie meer teë nie, maar hy red die enkeles van die afgrond, want solank daar nog ‘n weg is wat omhoog lei, is dit vir hulle wat soek, nie te laat om daarop te gaan nie. Solank die einde nog nie daar is nie, kan elkeen die verskrikkinge van die einde afsonderlik van homself afwend. Want Ek is ‘n God van liefde en nie van toorn nie, Ek is ‘n God van lewe en nie van dood en vernietiging nie. Weliswaar staan My plan vas sedert ewigheid en niemand kan iets vermag om dit omvêr te werp nie, niemand kan ingryp in My wet van die ewige ordening nie, maar elkeen kan homself aanpas by hierdie ordening voordat dit te laat is en dit is eers te laat wanneer die dag van die einde gekom het. Daarom seën Ek almal wat hulself vir My as roepers en vermaners ter beskikking stel, wat raad gee en help, waarsku en vermaan. Ek seën almal wat self op die korrekte weg wandelend, ook probeer om hulle medemens nader te lok. Ek seën elke werk van liefde wat gedoen word met die doel om te red van ondergang. Solank die aarde nog bestaan, is dit die tyd van genade, want solank kan die enkeling omkeer, tot besinning kom en homself verander. Want die mens is nog in staat om te dink en te bid. Maar wanneer die laaste dag aangebreek het, sal dit vir almal te laat wees wat versuim het om hulle oë ten hemele te rig. Gebruik daarom almal die tyd wat nog vir julle oorbly en verrig nog ywerige arbeid vir My, want julle wat kundig is, moet julle kennis onder die mense uitdra en al is dit maar min saad wat op goeie bodem val en ontkiem, dit is ‘n reddingswerk wat buitengewoon dringend en nodig is en wat die inset van julle hele wil verg. Maar word nie moedeloos en onverskillig nie, want daar is nie meer veel tyd oor nie. Daarom: Werk en bring tot stand, solank dit nog dag is, want die nag kom waarin julle nie meer sal kan werk nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205