BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Satan kamoefleer homself daar waar Lig na die aarde gestuur word 5427 Satan werk met baie lis en boosaardigheid en vermom homself sodat hy moeilik herken kan word, omdat hy dikwels op dieselfde manier werk as My uitverkorenes, om sodoende My werking te ondermyn en op losse skroewe te plaas. Sy voortdurende arbeid is daar waar Ek Lig skenk, om die uitstraling daarvan kragteloos te maak, die lig uit te doof of te verhinder dat My Lig julle mense beïnvloed. Want Waarheid is ’n gevaar vir hom om as My teenstander herken te word en omdat hy weet hoe Ek deur My dienaars werk, sal hy dikwels gebruik maak van die dieselfde manier om volgelinge vir homself te wen wat nie langer wil aandag gee aan My sagte Lig nie. Hy beoog net steeds om My invloed op die mense te ondermyn, hy plaas homself op die voorgrond en wil as goddelik erken word, omdat hy glo dat hy dan sy spel gewen het indien hy My kan onttroon en My plek in die harte van die mense kan inneem. Hy sal ook suksesvol wees wanneer die mense hulself van hul insig ontneem het en bloot een van My teenstander se foute besit, sodra hulle geestelik arrogant van gees is en dus nie na My in diepe ootmoed kom nie, waardeur hulle teen die helse invloed beskerm kon gewees het. My teenstander verwar dikwels mense se gedagtes, stort lofprysinge en woorde van goedkeuring oor hulle uit, wat alle nederigheid wegneem en enigeen wat aanspraak maak op sulke woorde, sal reeds deur hom verslaan wees, hy sal reeds in sy hande geval het en ’n welkome voorwerp word vir sy plan om die suiwer Waarheid, die Lig van Bo, in gevaar te stel, deur skynbaar dieselfde werke te verrig. Hierdie werke, wat wel die hoogmoed, maar nie die ootmoed bevorder nie, ontstaan egter nie uit My uit nie, maar kom van My teenstander, met die doel om mense te verwar, sodat hulle tewens ook die werksaamheid van My Gees, wat egter alleen die suiwere Waarheid is, afwys. Julle sal dus begryp waarom Ek julle waarsku teen valse profete, want waar ware profete is, sal daar ook altyd valse profete optree, wat hulle altyd as ware profete sal voordoen, maar wie tog nie deur My gestuur is nie. En julle kan daarvan verseker wees dat My teenstander altyd daar sal opdaag waar ’n groot geestelike aksie onderneem word, waar die ligwêreld duidelik met die aarde in verbinding tree en waar Goddelike aktiwiteit onbetwisbaar opgemerk kan word. Dit is waar My teenstander hom sal tuismaak, naamlik in die sirkel van hulle wat na My streef. Hy sal dus in ’n sekere sin My genadegawes vir homself opeis, met die doel om voort te gaan en stadig maar seker daarteen te werk totdat hy daarin geslaag het om die Waarheid te onderdruk en sy werke op die voorgrond te stel. Die Waarheid sal haarself handhaaf, maar dwing nie aanvaarding af waar die wil swak is nie en laat dus toe dat Sy weer gevange geneem word. Die vrye wil, wat Ek altyd respekteer, maak dit inderdaad moontlik vir My teenstander om veld te wen, omdat hy geen teenstand ondervind nie. Wie My egter navolg, wie deel van My kinders wil wees, laat hulleself nie deur sulke bedrieglike ligte verblind nie, want deur sy verlange na die Waarheid, sal hy insien dat hierdie skynligte geen egte lig uitstraal nie. Maar Ek het julle voortdurend teen valse christusse en valse profete gewaarsku, gee dus ook ag daarop, want daardeur het Ek Self aan julle hul bestaan bevestig. Hulle sal kom, ja hulle is al daar - en in die eindtyd sal julle nog dikwels van hulle hoor. Dog waar die valse is, moet ook die egte wees en daarom moet julle kontroleer. En weer sê Ek vir julle: Lê as maatstaf die volheid van lig aan vir dit wat julle as Goddelike Waarheid aangebied word. Wanneer julle iets wat gesê is, in ontvangs neem wat aan julle insig, dus lig, skenk, dan het dit van My uitgegaan en dan is hierdie profete ook eg, dit wil sê, in My opdrag werksaam. Wat egter vir julle onduidelik voorkom, wat maar "skynlig" is, wat skynbaar dieselfde is, maar na ernstige ondersoek misleiding blyk te wees, verwerp dit ook as begogeling deur My teenstander, - wie aan die eindtyd met vermeerderde ywer sal probeer om op almal in te werk wat hy vrees om te verloor. Hy buit elke geleentheid uit waar hy My uit die hart van die mense kan verdring, - maar vrees nie, julle kan hom herken, want die Wysheid ontbreek by hom. Daarom mis die mense ook die Wysheid in alles wat hy as bedrieglike lig laat opflikker, wat hy deur die mense verkondig wat nog sy prooi is en wat ook sy merktekens met hul saamdra, naamlik geestelike arrogansie, wêreldse begeerlikheid en eieliefde, wie maskers dra waaragter My teenstander homself kan verberg. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205