BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 274

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verlossing uit die hel – Ligstraal in die vorm van ‘n kruis 5929 Die hel wil haar slagoffers nie teruggee nie en vir die wesens in die duisternis ontbreek dit aan krag om hulself te verset teen My teenstander wat hulle gekluister hou. En hierdie siele sou dus reddeloos verlore gewees het, indien daar geen wapen sou bestaan waarteen die heer van die onderwêreld magteloos was nie, naamlik die wapen van liefde, waarmee elke stryd gewen en die sterkste vyand oorwin kan word. Hierdie wapen gebruik Ek en met hierdie wapen sal Ek slaag om die hel te verlos, hoewel in ’n eindelose lang tyd, omdat ook die Liefde nie die wil dwing nie en daarom eers werksaam kan word wanneer die siel dit self wil. Maar hoe kan haar wil verander word, wat nog in die sterkste weerstand teen My volhard? My Liefde daal ook af in die hel. En My teenstander kan My nie toegang belet nie, omdat hy magteloos is teenoor My Liefde. En so kan ook geen wese van die duisternis teen My optree nie. Hulle kan hulle net van My afkeer en die strale van My Liefde verwerp. Hierdie siele is nog onverbeterlik en moet verder in hul smartlike toestand bly. Ek is egter op hoogte van die toestand van elke afsonderlike siel. Ek weet ook wanneer die weerstand afgeneem het, wanneer die siel in ‘n toestand van lusteloosheid kom en hoe so ‘n siel dan sal reageer op die strale van My Liefde. En hierdie siele kom Ek te hulp, omdat hulle hulself nie uit eie krag kan verlos nie. Hulle word deur 'n lig bestraal in die vorm van 'n kruis, wat bliksemsnel die herinnering by hulle ophaal aan die Een wat aan die kruis gesterf het. En met die opkom van hierdie gedagte sal hulle nou 'n verligting voel. Hulle sal skielik deur die begeerte vervul word om uit hul omgewing weg te kom. En omdat die kruis steeds weer vir hulle verlig word, kom daar 'n stille hoop in hulle op waaraan hulle vasklou. En nou laat hulle die gedagte nie meer los om hulle tot My te wend om hulp nie. Hierdie begeerte is die uitwerking van die straling van My Liefde. Maar dit gebeur slegs waar die wese sy weerstand opgegee het. En ook hierdie passiewe toestand is die gevolg van die liefde wat Ek die hel laat toekom en wat in staat is om die golwe van haat in die sfere tot bedaring te bring, die weerstand te breek en 'n siel gewillig te maak, maar sonder om haar te dwing. In die wil van die siel is daar oomblikke wat goed aan My bekend is en wat Ek nie laat verbygaan sonder om verlossingsarbeid by die siel te verrig nie. Maar wanneer 'n siel eenmaal deur die lig van die kruis van Christus bestraal is, sal ook die ergste kragte van die duisternis nie meer in staat wees om haar af te hou van haar voorneme om haar na My te wend nie, van wie sy hulp verwag, tot sy Hom eens sal aanroep om genade en erbarming. En dan kan My Liefde, die liefde van Jesus, haar neem en omhoog trek vanuit die diepte. Dan het haar wil en haar roep na My die weg vir haar vrygemaak. Want die naam Jesus Christus maak alle kettings los en open elke kerker. Voor Hom wyk die kragte van die duisternis. En die siel tree na buite in die lig en word ontvang deur dienaars van die Liefde wat haar verder help op die pad na bo. En al gaan daar ook ewighede verby, al is die weerstand van die gevallenes hoe groot, eendag sal hulle hulleself deur My Liefde laat vasgryp. Want Sy is oneindig lankmoedig en geduldig en laat geen siel vir ewig verlore gaan nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205