BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Moeilike dae - Antichris – Einde 5654 Die dag van verlossing is nie meer vêr nie, maar sal dit ook vir alle mense verlossing beteken? Sal dit nie eerder ‘n dag van oordeel wees waarin hulle, in plaas van verlossing, opnuut weer in die vaste vorm gebind word nie? En so kan daar na die dag verlang word, maar netso daarvoor gevrees word. En hulle wat die dag sou moet vrees, glo nie daaraan nie en is daarom reddeloos verlore, omdat hulle niks weet wat sal help om die hernude kluistering van hulself af te wend nie. Vir slegs weinig mense sal die dag ‘n werklike verlossing wees, terwyl die ander nie sal weet hoe ellendig hulle daaraan toe sal wees nie en daarom ook geen verlange na ‘n Verlosser het nie. En tog sal Hy kom om die te verlos wie in Hom glo. Wanneer daar vir alle gelowiges ‘n baie moeilike tyd aanbreek, mag hulle die belofte nie vergeet dat Ek sal kom om te oordeel, die lewendes en die dooies. En die tyd van nood moet vir hul eweseer ‘n bewys wees van die Waarheid van My Woorde en sal hulle des te meer laat glo in My koms op die laaste dag en aan die redding uit die grootste nood. Dit sal werklik ‘n dag van verlossing wees vir die wat aan My behoort, wat by die aanblik van die goeie lewe van die ongelowiges geneig is om te twyfel aan die Waarheid van My Woord. En terwille van die uitverkorenes sal die dae verkort word. Ek sal Myne versterk totdat die dag aangebreek het en dit sal vinniger daar wees as wat verwag word. Die wêreldsituasie sal weer so rustig lyk dat niemand aan ‘n einde sal glo nie, want onder die heerskappy van die Antichris sal die golwe van onrus skynbaar bedaar en aards sal daar ‘n oplewing te sien wees wat die mense steeds goddeloser en liefdeloser sal laat word. En slegs Myne sal die uur op die wêreldklok daaraan herken, want slegs hulle sal gebrek hê en sal moet ly, terwyl die orige mensdom sal swelg en in ‘n roes van wêreldse vreugde hulself probeer versadig. En niemand sal vermoed hoe naby die einde sal wees wanneer die Antichris sy wêreldheerskappy begin nie. Hy sal die einde inlui, hy sal die chaos tot stand bring en sal die geloofstryd laat ontbrand. Hy sal as te ware die skeiding van die geeste veroorsaak, want onder sy heerskappy sal die belydenis van My en My Naam geëis word en as gevolg daarvan sal die finale besluit geneem moet word, wat nog voor die einde sal moet plaasvind. Maar sodra die geloofsbeslissing geëis word, kan julle, My gelowiges, julleself voorberei op My koms. Want met die toenemende nood sal julle ook die vervulling van My voorspellings oor die einde beleef. Julle kan elke dag op die einde reken en tog sal dit op die dag skielik en onverwags kom. Dan sal hulle, vir wie die dag die verlossing bring, egter salig wees, maar hulle wat deur die aarde verslind sal word en wat weer gebind sal word in die vaste materie, sal huil en op die tande kners. Maar julle wat in My glo, vertrou op My Woorde dat julle verlos sal word uit tye van hoogste nood. Dat Ek sal kom en julle sal opneem en dat julle daarom geen mag van hierdie aarde hoef te vrees nie. Want van My is die Mag, die Krag en die Heerlikheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205