BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 532

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Neerdaling in die hel - Vyandskap van Lucifer 6531 Dit is waar dat Ek na My kruisdood neergedaal het in die hel en dat Ek ook verlossing gebring het aan hulle, wat nog nie deur die poort die ewige saligheid ingegaan het nie, omdat hierdie poort eers deur My kruisdood geopen moes word. Ontelbare siele het die uur van hulle verlossing verwag en Ek het aan hulle verskyn as die mens Jesus. Ek het hulle My lyding en sterwe onder oë gebring, omdat ook hulle My vrywillig moes bely as Seun van God en Verlosser van die wêreld. En Ek was ook herken deur hulle wat ‘n goeie lewenswandel gelei het op die aarde, Ek was nie deur almal afgewys nie. Desondanks het tallose siele hulself ook verweer en hulle het die genadegeskenk van My verlossing afgewys. Die invloed van My teenstander op hierdie siele was so sterk, dat hulle in My slegs die mens Jesus gesien het, wat homself verset het teen aardse maghebbers en daarom tot die dood veroordeel was. Al hierdie siele moes hulle vrye wil behou en daarom kon Ek nie in Mag en Heerlikheid aan hulle verskyn nie. Ek moes na hulle toe kom soos wat Ek op aarde onder die mense verkeer het as mens, Wie hulle slegs deur die Woord probeer oortuig het van Sy taak en van die volbragte werk van verlossing. Maar My teenstander wou die siele nie teruggee nie. Ook het hy self vir die eerste keer bewus geword van die gevolg van My verlossingswerk. Hy kon die siele nie teëhou wat hulself aan My kant geskaar het nie, wat My vrywillig wou volg deur die poort wat deur My vir hulle geopen was. Hulle was aan sy mag onttrek, hulle het die kettings verbreek, omdat hulle die krag daarvoor van My getrek het, omdat Ek Self hulle kettings verbreek het. Des te meer het My teenstander onder sy aanhang gewoed en nou het die stryd van die duisternis teen die Lig eers in sy volle omvang begin en dit het nooit opgehou nie en woed derhalwe beide op die aarde sowel as in die geesteryk. Ek het neergedaal in die hel om verlossing te bring aan almal wat reeds voor My geboorte hulle lewe beëindig het, aan almal wat ondanks ‘n goeie lewenswandel, hulself nog in die mag van hom bevind het - wat as My teenstander My ook bestry het - en teen wie Ek dus op aarde die stryd gevoer het vir al die siele wat hy gevange gehou het. En hy het ‘n groot deel van sy aanhang verloor. Ek het vir alle siele gesterwe, sodat almal hulself vry kon maak van hom. Maar sy woede was grensloos toe hy homself beroof sien van sy volgelinge; toe hy moes insien dat Ek ‘n oorwinning oor hom behaal het wat slegs die Liefde kon verwerf. Ook hy kon homself aan die Liefde oorgee, maar sy mag, sy besit, was nog te groot en so het hy My Liefdeskrag afgeweer, sodat Sy dan ook geen invloed op hom gehad het nie. Maar nou het die oomblik aangebreek dat hy moes erken dat sy mag gebreek was. Hy moes insien dat hy in die mens Jesus sy Heer gevind het, Wie se Liefde die vereniging met My bereik het. En daarom het sy haat nog groter geword, want in die Goddelike Verlosser Jesus Christus het nou vir hom ‘n gevaarlike teenstander opgestaan wat hom van sy aanhang kon ontruk deur Sy Liefde. Omdat die vrye wil van elke wese egter beslissend is, het My teenstander nog daarin ‘n gunstige moontlikheid vir homself gesien. En sodoende is hy nog onophoudelik besig om op die wil van sy slagoffers in te werk, hetsy op die aarde, of ook in die geesteryk. Ek het waarlik na My kruisdood ter helle neergedaal en Ek sal altyd weer neerdaal na die hel om verlossing te bring aan almal wat van hom wil loskom. En hy sal My nie daarin kan verhinder nie en hy sal die siele, wat My roeping wil volg, nooit deur geweld kan teëhou nie. Sy mag is gebreek deur My dood aan die kruis, maar sy weerstand kon ook nie deur hierdie kruisdood gebreek word nie. Sy haat en sy wil is onbuigsaam, sy werke deur en deur boos en sy wese is heeltemal sonder liefde. Daarom ontbreek dit hom ook aan die krag om aan die dooies lewe te gee. Die krag wat nog in hom oorgebly het, word steeds maar net vir negatiewe aktiwiteite aangewend en daarom sal positiewe krag sy werk steeds meer verswak. Die Liefde moet al die leweloses vir Haarself wen, na Haarself toe trek en weer tot lewe opwek. Met My neerdaling na die hel het die terugvoering begin van die eens gevallenes na My toe; hier het die opwekking van die dooies tot die Lewe begin, want die Liefde het die bewys gegee dat Sy sterker is as die haat. Die Liefde het die skuld aan die kruis betaal, wat die dood vir die wesens gebring het. So was die Lewe vir hulle gekoop en hy, wat die wesenlike van skepsele in die toestand van dood gedompel het, was oorwin. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205